Avatar of wegneuk

by wegneuk

Dag 2 Weskus 2012

March 30, 2013 in Uncategorized

Elandsbaai bestaan uit ‘n Wes en ‘n Oos dorp..

Bobbejaan punt

Die Sishen Saldanha spoorlyn loop vlak langs die baai verby en BB het haar verkyk aan die lang trein.  Daar is ‘n klein hawe met allerlei klein bont bote.

 

Elandsbaai se hawe

Daar was ‘n paar onvriendelike surfers op die strand.  Ek sê dit tong in kies, ons het rigting gevra na die hawe, en een van hulle het haar vreeslik vererg toe G4 aanwysings vra en toe blykbaar nie na haar bly kyk het nie maar na iemand anders.  Ons het maar net onderlangs gelag en aangery.

Die Oos kant was aansienlik vriendeliker en ons het aanwysings na die tolpad gekry.  Die diens by die pad was net so flink en vriendelik.  Ons het toe op die lang grondpad gery tot by  Lambertsbaai.  Oppad is ons ook verby die bekende seekos restaurant Muisbos skerm.  Dit was oorvol en aangesien ek nou nie juis ‘n “member” van seekos is nie, het ons besluit dit is beslis nie die prys werd  vir iemand wat net die snoek en potbrood sal eet nie!    Ons het uiteindelik by Isabellas by Lambersbaai gaan eet.  Die kos was heerlik.

Isabella restaurant te Lamvertsbaai

Wat interessant is van Lambertsbaai is dat daar ‘n groot aartappel fabriek op die hawe is!  Yip, nie ‘n vis fabriek nie, maar ‘n aartappel fabriek.

Isabellas vir heerlike kos!

Die voel uitkyk plek is ongelukkig nie meer gratis soos in my studente dae nie, en ons het besluit dit sou te duur vir ons al drie wees om soontoe te gaan.  Ons het maar ‘n paar fotos van die hawe geneem.  Kortom, Lambertsbaai  is pragtig, vol vriendelike mense en heerlike kos!

Lambertsbaai se hawe

Van Lambertsbaai is ons weer via die tolpad Doornbaai toe.

Kleurvol by Doornbaai

Skulpe by Doornbaai

Meer pragtige bote by Doornbaai

Ons kon nie enige akkommodasie kry nie en is toe deur Strandfontein toe.  Daar het ons by die Karavaan park ‘n selfsorg husie bespreek.  Dit was R600 per nag vir ‘n huisie.  Anders as by Dwarskersbos se verblyf was hier niks ekstra ingesluit nie.  Daar was darem beddegoed maar dit was werklik al.  Daar is ook net een klein kafeetjie op Strandfontein maar hulle het niks brood of vleis gehad nie.  Aandete was dus beskuit en tee.  Ek het ook nog ‘n pasteitjie vir BB gehad.

Sy het heerlik gebly en die aand die trappies na ons slaapplek met doring besaai en die volgende oggend ewe sedig gevra of ons nie in ietsie getrap het nie!

Die mense by die kafee was baie vriendelik, maar by die karavaan park, geensins nie.  Ons het daar gevra oor al die mosselskulpe op die strand, en is meegedeel die mossels verloor sy skulp soos hy groei!  Dit is natuurlik glad nie waar nie.   Die blou mossel is oorspronklik van die Mediterene, die Mytilus galloprovincialis wat sy pad Weskus toe gemaak het deur aan skepe vas te sit wat olie by Saldanha op en aflaai.  Ons moes ook ‘n deposito van R400 betaal wat weer in ons rekening terugbetaal sou word.  Ons het die geld eers maande later terug ontvang.

Holrivier monding

Ons het ook na die monding van die Holrivier gery.  Mens sal maklik hier kan vassit en ek wonder hoe lank voordat hulp sal opdaag!

Getypoel by Strandfontein

Die volgende oggend was die hele Strandfontein toe onder die mis.  BB het dit goed opgesom toe sy die see in hardloop en aankondig dat dit vrieskas koud is!

Ons is maar vroeg weg en het besluit om binneland toe te swaai aangesien die kus so koud was.

Avatar of wegneuk

by wegneuk

Weskus 2012 (via Sutherland)

January 3, 2013 in Uncategorized

Ons vertrek vanaf Kleinbrak op die N2 tot by Heidelberg.  Heidelberg is een van die dorpies wat mens geneig is om vinnig deur te jaag oppad Kaap of Mosselbaai toe.  Dit is egter vir my ‘n pragtige dorpie.  Ek stop graag by die “Blue Crane Farmshop” padstal langs die N2.  Hulle fyngebak en etes is heerlik en waar moontlik is alles plaaslik.

Ons het egter nie die keer daar gestop nie maar regs gehou op die R322.  Dit was alreeds laatmiddag op ‘n Saterdag en van die winkeltjies was alreeds gesluit.  Die name was, wel, beskrywend..

 

Sowat 27km verder is ons deur die Tradouwspas.  Dit is prentjie mooi met baie stopplekke en beslis ‘n plekkie wat mens op ‘n warm somersdag wil besoek om in een van die talle poele af te koel.  Fotos slaag nie daarin om die pragskoon vas te vang nie.

Tradouws pas

Ons het by een van die uitkykpunte gestop en tog ‘n paar fotos geneem.  Daar is op party plekke watervalle en verskeie stroomversnellings wat opmekaar volg met pragtige, groot poele tussen in.  Ons moes hard keer om BB in die voertuig te hou, sy wou net gaan swem!

Tradouw pas

Ons het by Barrydale by die Country Pumpkin gestop vir middagete.

The Country Pumpkin

Deel van die versierings is ou spyskaarte van die Spur.  Mens kan skaars glo dat kos so goedkoop was..kyk bietjie na die foto!  Let op die Lam tjoppies (nogal 400g) wat maar R14.75 gekos het!

Ou Spur spyskaart

Ons het het ook by die “memories of Africa” ingeloer.  Een van die vertrekke se reuk het my binnegetrek, naeltjies, kaneel en ander geure vul die lug.  Dit is tradisionele Duitse gebak deur ‘n plaaslike inwoner.  Ek het dadelik van dit gekoop en was glad nie teleurgesteldt nie, die smaak is eg Duits.  Ek is net spyt ek het nie meer gekoop nie!

Barrydale

Daar is baie interessante huise op Barrydale, tot ‘n halwe motor staan op een werf!

Barrydale

Barrydale

 

Vandaar is ons met die R62 na Montagu.  Ons het nie daar gestop nie, maar gehou deur Arniston, Robertson en deur Worcester.  Daar het ons die R43 geneem en toe links gedraai op die R301.  Hier het ons Bain’s Kloof pas geklim.  Orals was motors met mense wat in poele water afgekoel het.  Al wat hier gepla het is die aantal fietsryers met “backup” motors wat dink die hele pad behoort aan hulle.  Aan die einde van die Kloof het ons ‘n groot trop bobbejane teegekom.  Een het hom min aan ons gesteur en heerlik op ‘n tafel ontspan.

Bainskloof

Ons het hom ‘n geruime tyd sit en dophou, (wel, tot die fietsryers nader gekom het).  BB was minder beindruk, sy haat bobbejane.  (nog oorgehou van Gamkaskloof toe hulle die plek vreeslik bemors het) Wellington was snik warm.  Ek wou graag n kortbroek koop, maar al wat oop was, was ‘n Chinese winkel.  Dit is werklik kommerwekkend dat hulle so oorneem en mens so moet sukkel om goeie plaaslike produkte in die kleiner plekkies te kan koop.  Ons is vandaar op die R44 na Riebeek-Kasteel en Riebeek Wes toe.  Daar was troue op troue by elke moontlike kerkie en restaurant!  Ons het by Riebeek_Kasteel by ‘n pragtige plek gestop vir iets om te drink.  Die tuin is boomryk en laat mens dink aan ‘n sprokiesverhaal.

Ons het voorgegaan op die R311 en later regs gedraai op die N7.  Na sowat 30km het ons links gedraai op die R399 na Velddrif.

Dit is moeilik om tussen Velddrif en Laaiplek te onderskei.  Ons het dit so teen skemer bereik en na slaapplek naby die see begin soek.  Dit was baie moeiliker om te kry as wat ons gedink het!  Ten einde raad is ons Dwarskersbos toe.  Daar het ons eers by die karavaan park gestop, maar dit was reeds toe en niemand het die na ure telefoon nommer beantwoord nie.  Ten einde raad is ons toe weer terug Verlddrif toe.

Gelukkig sien ek toe ‘n klein pyltjie wat wys na akkommodasie terwyl ons nog in Dwarskersbos was.  Ai, so ontmoet ons toe die ongelooflike gasvrye C Shell Cottage.

C Shell Cottage, Dwarskersbos

Hulle het mense gehad wat vroeer vertrek het en kon ons dus help met slaapplek.  Terwyl hulle gou vir ons reggemaak het, is ons toe tog terug Velddrif toe vir iets om te eet.  Almal beveel die hotel aan maar G4 weier toe om by ‘n hotel te stop vir kos.  Ons het toe maar besluit  om iets by Spar te koop.  Ons was net betyds terug by Dwarskersbos om die laaste strale van die son te vang.

Dwarskersbos

Dwarskersbos

Die akkommodasie was fantasties.  Die plekkie was ten volle gemeubileerd met beddegoed, handdoek seep ens, daar was tot suiker, tee en koffie.

Die volgende dag vind ek uit dat die eienaars  nie net my pa geken het nie, maar ook sy boek besit en hom al persoonlik ontmoet het.  Hy het my die netjiesste katrol en visstok versameling gewys wat ek al ooit gesien het!!  Ons het heerlik gesels en ek het sy boek namens my pa onderteken.

Ons het vroegoggend langs die see gaan stap.  Mensig, maar die Weskus se seelug is koud, bitter, bitter koud!  Ek kon later nie meer my bene voel nie!!  Ons was stomgeslaan deur die lewe, en teselftertyd gebrek aan lewe, langs die kus, as dit sin maak..  Daar was baie robbe, maar baie van hulle het siek voorgekom.  Daar was ook baie sonvisse wat uitgespoel het.

Sonvis

Darskersbos

Die koue en wind was net vir my baie erg.  Lyk egter nie of BB en G4 dit gevoel het nie!  Dit het vir my gevoel of ons nooit weer by die gastehuis sal uitkom nie!!  Ek het dadelik gaan stort en warm aangetrek.

Na ‘n vinnige tee en besluit vertrek ons toe met dag 2 na Elandsbaai.

Avatar of wegneuk

by wegneuk

Weskus blomme

October 4, 2012 in Uncategorized

Sal ongelukkig nie kan kommentaar lewer oor verblyf nie, want ons het by familie oorgebly.

Die blomme was vanjaar so mooi.  Ons het van Kaapstad al langs die R27 gery tot by die Weskus Natuureservaat deur na Postberg toe.  Moet net byvoeg, diens by die Natuurreservaat is flink en uiters vriendelik.  Ai, maak mens trots Suid Afrikaans!!

Oppad het ons by Ganzekraal gestop wat nogal na ‘n oulike oornag/vakansie plek lyk met billike tariewe.

Ek wou graag kommentaar lewer op die fotos, maar weet nie hoe nie en het nie nou tyd om daarmee te sukkel nie.

Ons het die heerlikse snoek viskoekies by ‘n eetplekkie in Darling geeet, die Marmelade Cat.  Ons het Darling, Malmesbury deur terug Worcester toe gery.

Avatar of wegneuk

by wegneuk

Verward

September 22, 2012 in Uncategorized

Was , wel, WEG vir ‘n rukkie en vind die nuwe platform effens verwarrend..

Ek laai sommer 2 onlangse fotos op, geneem te Grootbrak.

Avatar of wegneuk

by wegneuk

Op die plaas kamp, Seweweekspoort

March 23, 2012 in Uncategorized

Dit is seker hoogtyd dat ons skryf van BB se gunsteling kampplek!


Haar plekkie is by Seweweekspoort, spesifiek by Op-die-plaas-kamp (www.seweweekspoort.co.za).

BB het rooi hare, en dit verduidelik dus dat haar gunsteling kat ‘n gemmer katjie is.  Sy was in de wolke toe daar ‘n gemmerkat met ‘n klomp klein gemmer katjies op die plaas is.!


Die kampplek is heerlik stil, ons het ‘n video geneem in die donker, en ek luister nog gereeld na die naggeluide.

Daar is ‘n keuse van sagte gras, in die son, of koelte op harde grond!  Daar is ook ‘n karavaan vanwaar hulle noodsaaklikhede soos brood en melk verkoop vir die plaaswerkers en kampeerders. Warm water word deur ‘n donkie voorsien.  Daar is aangename stort en badgeriewe.

Die kampgebied is naby ‘n dam wat vir wonderlike weerkaatsings sorg as die son sak.  


Ek is seker die maan is nader aan Seweweeksport as enige ander plek op aarde.  Dit voel of mens net effens kan uitrek en dan aan die maan kan raak.


Dit is ‘n werkende plaas, en ‘n paradys vir kinders met perde, skaaphonde, varke, ganse, skape en natuurlik katte.

Daar is ook baie kleiner insekte, baie skoenlappers, naaldekokers en dan natuurlik hul vyande, paddas.  Dit was heerlik om saam met BB op die gras rond te kruip op soek na die kleiner diersoorte.  G4 het selfs op miskruiers afgekom wat ons vir ‘n ruk 

lank dopgehou het.

 Eg in sy sagte natuur het hy hulle gehelp om die nuutgeskraapte pad oor te steek!!


Die Gamkapoort dam is ‘n interessante rit van sowat 21km op die Bosluiskloof pas om te onderneem.  

Dit is ‘n wondermooi pas, maar pasop vir al die fietsryers!  Die dam is net vol muskiete maar ons kon darem ‘n plekkie sonder gras kry wat relatief muskiet vry was.

Daar is ‘n “honesty shop” naby die dam waar ons heerlike yskoue koeldrank kon koop.

Orals omvou die berge ‘n mens en laat jou skoon nietig voel.

Dit was ‘n wonderlike naweek sonder bobbejane, wat nog ‘n pluspunt vir BB is.  Sy hou maar net niks van bobbejane nie, dink dit is te veel kompetisie as dit by soetgoed kom!


As mens kinders het, is mens geneig om die plekke te bespreek wat vermaak vir kinders aanbied.  Waterwurms, verhitte swembaddens, wipmatte ens.  Soms soek ‘n kind net onverdeelde aandag, en is dolgelukkig om agter miskruiers en goggas aan te kruip!

Ons sal beslis weer gaan!
PS.Die eienaars kan ook etes voorsien as jy vooruit bespreek en dit is ‘n ideale plekkie om dalk ‘n spesiale geleentheid te vier.

Avatar of wegneuk

by wegneuk

Borrelfontein, Gouritsmond

February 7, 2012 in Uncategorized

Dit is Februarie maand, die maand van liefde en ons dink aan die mense vir wie jy lief is.  Hierdie 

inskrywing word opgedra aan my pa, die beste hengelaar ooit en sy onwetende bydrae om my en G4 
bymekaar te bring.

Ons het almal ‘n plek wat ons terugvat na kleintyd.  ’n Plekkie van ongelooflike herinneringe wat ons 

stilweg koester as die verlange na die wat ons reeds verlaat te veel word.
My plekkie is Gourits.
Wat ‘n voorreg om dit saam met my 2 mees spesiale mense te herleef.

 

Borrelfontein staan reg op die rotse, langs Fox se baai (net hengelaars sal weet van watter plek ek nou 

praat!).  Daar waar my pa my leer kolsterte uittrek het met ‘n “dipstok”.
Die huisie het als wat nodig is vir ‘n heerlike wegbreek naweek.  Daar is geen elektrisiteit of selfoon 
ontvangs nie.  Daar is ‘n gas stoof, yskas en geyser.  Lig word verskaf deur parafien lampe.

 

Die huis is regtig reg op die rotse.  Ons het die eerste aand iets eenvoudig oor die kole gegooi.  Die 
hemel was oortrek met sterre.  

Ek en BB het sommer op ‘n matras langs die vuur gele tot sy aan die 

slaap geraak het.

Later die aand het ek en G4 die vensters wyd oopgemaak en na die see gelusiter.  Die lighuis het 
gereeld ons kamer verlig, dit was eenvoudig ongelooflik..

Die volgende oggend was BB al vroeg op die rotse.  Sy het allerlei interessante plante en skulpies bekyk.

Ons hout was op en G4 het ‘n groot stomp gaan 
nader sleep.  

Tannie Helen het ons ingewag en verduidelik van die ongesiende lewe wat in die stomp 
betsaan.  Sy het ons laat afsien om die stomp te gebruik en het vir ons ander hout gebring.  Mens 
vergeet dikwels van al die klein goggatjies wat net so ‘n belangrike deel van ons ekologie speel.  Dankie vir die les, tannie!

Ons het na die ou huis gery wat vir my een van die groot redes is hoekom ek en G4 bymekaar is.  

Daardie goue, spesiale “jy ook” moment wat vir altyd sement is in ons verhouding.  Hy wou my vertel 
van die mooiste huis, ek wou ook, toe email ons mekaar van oor die waters..’n foto van dieselfde huis!!

Dis staan nou bekend as die spookhuis.  Ek onthou egter maatjies se stemme, die foozebal masjien 
op die stoep, die boontjie lande en plaasdam waar ons baljaar het.  Natuurlik my pa se voetstappe by 
die kombuis en die streepsak vol vis.  Kosbare onthou oomblikke vasgevang vir altyd in ‘n stukke van 
die huis.  Ek het ‘n stukkie van die huis saam gebring, G4 het dit in ons kombuis gesit.  Vir meeste 
mense ‘n verweerde plank, vir my, my pa se stem, reuk en voetstappe, en die begin van my en G4 se 
verhouding.  Dit is die materiele besitting wat ek sal gryp in ‘n brand…

My ma het later oorgekom vir ‘n potjie en ons het ou staaltjies onthou van ons gesinstyd langs die 
Gourits kus.  My pa het selfs ‘n man wat in die see geval het duskant Fox se baai met sy swaargewig 
hengelgerei uitgetrek!
Die aand het ons weer met die reuk en klank van see aan die slaap geraak.  

Die volgende oggend het ons gou vir BB ‘n klein visstokkie gaan koop by die winkeltjie wat alles van 
koek tot naalde verkoop op die dorp.  My ma het ook my pa se ou dipstok saamgebring, hoekie nog 
stewig vasgemaak aan die lyn.


Ons het ‘n paar vissies uitgetrek, vir haar gewys hoe die vissies lyk en haar toegelaat om hulle weer 
terug in die water te sit.

Die naweek was te gou verby.  
Oppad terug het ek Fagan se gedig so perfek gesing deur Laurika Rauch saggies gesing:
 

Ek het ‘n huisie by die see, dis nag..

Avatar of wegneuk

by wegneuk

Oppad na Aberdeen

November 20, 2011 in Uncategorized

Die rit vanaf Kommandodrif dam na Aberdeen was pragtig.  Bergkwaggas en ander diere was volop.

 

Ons het net voor skemer opgedaag vanaf Kommandodrif dam by Aberdeen en gesoek vir ‘n oornag plekkie.  Die “karavaanpark” was net klippe en trokke, so ons het vir ‘n B&B gesoek.

 

 

 

 

 

 

 

Ons was gelukkig vinnig en vriendelik gehelp.

 

 

Ons het ‘n potjie opgesit in die gerieflike lapa en toe deur die pragtige dorpie gaan stap.  

 

 

 

 

Ons het pragtige kerke gesien en dit afgeneem neem teen die pienk lig.

 

 

Daar was ook interessante winkeltjies..

 

 

Die aand het ons verskeie verskietende sterre en sateliete gesien teen die pragtige oop en skoon Karoo hemelruim.

Die volgende oggend was ek in vir ‘n ontnugtering.  Die vroutjie wat na die plek omsien, het sommer by my in die badkamer kom chat en haar misnoee uitgespreek teen die vorige gaste wat durf waag het om haar te beskuldig dat haar melkterte vanilla in het!!  Ek is maar skamerig, het nie sussies wat saam stort of iets nie, so het maar die nodige met my hande probeer toehou!!

 

 

Ons is maar laggend daar weg, melktert en al.  Ons het later vir tee en melktert gestop langs die pad, en die melktert was heerlik.  Nee, ek het nie vanilla geproe nie!!

 

Avatar of wegneuk

by wegneuk

Kommandodrif dam

October 24, 2011 in Uncategorized

 

Mens reis na en kamp by baie plekke, sommige, soos Ladybrand, is mens nie te ywerig om na terug te keer nie.  Sommige plekke merk mens af as ‘was daar’ en vergeet amper daarvan, dan is daar plekke waar mens nie kan wag vir die volgende geleentheid om soontoe te gaan nie.  Ek is skoon huiwerig om daaroor te blog, ek wil dit eintlik ‘n geheim hou!!  Kommandodrif dam is naby Tarkastad en  is ‘n absolute juweel, al is dit “effens uit die pad uit”

Selfs by bespreking was ek gevra of ek seker is ek wil daar bly, want dis “bietjie ver”.

As mens dit Google, beskryf Wikipedia,  dit so:
Kommandodrif Dam, is situated in the Tarka River, near Cradock, Eastern Cape, South Africa. The dam has a capacity of 58,114,000 cubic metres (2.0523×109 cu ft), the wall is 39 metres (128 ft) high. The dam is included in the Commando Drift Nature Reserve.

Ek beskryf dit so.:  Kommando drif dam, duskant Tarkastad, aka die dorpie met die lekkerste pasteie en vriendelikste mense. Die dam is ongelooflik mooi, en die visarend groet jou namens die dam.  Die miere vreet jou op as jy net effens wil stil staan.  Yslike storms slaan toe uit die niet en groot, ysige hael korrels rig skade aan jou motor en tent.
Maar dit is mooi, stil, rustig.  En jy sal wil terug gaan, weer en weer…

Ek onthou dat ek uitgestrek gelê het op die grasperk en vir G4 gese het, “Nou is ek op vakansie”.  Daar is geen selfoon ontvangs nie, ‘n ideale wegkom-van-als-plekkie.

Die toilet en stort in die kampeerterrein is oop, maar daar is warmwater geriewe effens verder aan.

Die oop stort en toilet was ‘n belewenis vir BB!!

Meer inligting oor dié wonderlike plekkie hier.

Avatar of wegneuk

by wegneuk

R319

August 8, 2011 in Uncategorized

 

Dag besoekie aan Napier het ons op die R319 tussen Swellendam/Bredasdorp laat beland.

Die Canola is pragtig!!

 

 

 

 

 

Avatar of wegneuk

by wegneuk

Op pad na Ladybrand

July 5, 2011 in Uncategorized

blou

 

Ons het vir Mosselbaai vertrek vanaf Johannesburg en besluit om ‘n anderste pad te vat.

Ons het vir  Clarens gemik,  dan Fouriesburg, Clocolan en sou by Ladybrand oornag.

 

Dit was ‘n wondermooi roete wat ons deur pragtige tonele geneem het.  Die berge by Clarens bly mooi.  Ons het daar ‘n vinnige ietsie soets geeet.

 Oppad

 

Buite Fouriesburg was daar die oulikste winkeltjie met ‘n ou motor en scooter in die tuin. 

Scooter

 

BB was in haar skik met al die katte. 

Ek is so bly dat G4 nie een van daardie mans is wat wil jaag tot by die eindbestemming nie.

 

Kar

 

Net buite Clocolan het ons amper ons Moses teegekom (wonder altyd hoekom dit nou juis Moses is?!) toe ‘n klein bont 19 voertzek  vw kewer besluit het om ‘n groot vragmotor verby te steek.  Op ‘n versperring streep.  Op ‘n draai.  Met ons wat naderkom. Ek kon nerens heen en moes maar reguit aanhou, stuurwiel stewig vasgeklem.  Die kewer en sy twee jong passasiers swaai toe uit en is die bosse in.  Nee, ek het nie gestop nie.  As mens wil dom wees op die pad moet jy maar tussen die bosse loop sit en klippe kou.

 

Homeward

Nader aan Ladybrand was daar die pragtigste sonneblomme, koppies almal na die son gedraai.  Ons het sommer oor die draad geklim om fotos te neem.  BB het hard met die blomme gepraat en was vas oortuig hulle praat terug.  (Ek het nie met haar gestry nie..)

Sunny

Ladybrand.  Ek hou nie daarvan om enige dorp af te kraak nie, elke dorpie het maar sy nukke, maar ek sal eerder dat G4 verder oor Ladybrand skryf..

 

Nadat MB haar verlof gekry het , het ons op ons rit af na die beskawing aangepak, dis nou vanaf

Johannesburg na Mosselbaai.
MB het oudergewoonte die kamp plek bespreek wat lekker is , sy kies altyd die mooiste plekkies. So

nader ons die dorp Lady Brand… ( eish! )
 
Net buite Lady Brand stop ons by n sonneblom landery en ons neem n paar stunning fotos met die son

besig om te sak. MB en BB , ons klein rooikoppie se hare vat behoorlik vlam soos die son daardeur

skyn.Dis ongelooflik hoe fotogenies MB kan wees al is sy kamera sku.
 
Anyways, MB neem die stuur en ons ry Lady Brand binne. Ek kan die hoofstraat van die dorp vergelyk

met n rivierbedding na n vloed. Dis net klippe gate en dongas met geen teer nie. Dis ongelooflik, selfs n

slegte grondpad is beter as Lady Brand se hoofstraat.  Dit was selfs moeilik om ‘n foto te neem, die motor het te veel gestamp en mens voel nie gemaklik om uit te klim en fotos te neem nie..
 
Hoofstraat

 

Dan moet ek byvoeg dat die sake sentrum iets is wat ek saans ook wil vermy en my eerste gevoel was

om pad te gee. Die dorp is n plek waar ek nie weer wil oorbly nie maar die Little Rock kampeer plek is

nie te sleg nie. Die vrou by die kaartjiekantoor was nie oorlopend vriendelik nie, so ek het ons kampplek

betaal en is vort.
 
 
Ons het n paar draaie in die kamp gery opsoek na n stil plekkie vir ons tent . Daar was n reuse mak

vark wat daar rond drentel wat MB se aandag getrekhet. Die groot swart vark het tussen die tente

rondgeloop en was blykbaar hond mak.
Daars ook n liefike groot swembad en baie speelplek vir kinders. Die kampplek is groot en die gras is

mooi groen. Dis baie boomryk en ek en MB het n stil plekkie onder n paar bome gevind waar ons vir die

aand oornag. Met sonsondergang het ons klaar tent opgeslaan en dorp toe gery om brood en eiers te

koop. Ek het by een of twee plekke klein superettes gestop nadat die supermark( SPAR?) reeds toe is.
 
 
Ek het egter nie van die atmosfeer gehou nie en weer gery. Na n soektog het ons op n klein superette

afgekom met n Chinese vrou agter die “till”. Ek het haar iets gevra…ek dink waar bacon of iets

was…nie seker wat dit was nie , maar sy het aangedui sy verstaan nie Afrikaans nie..waarop ek Engels

gepraat het , wat sy ook nie verstaan nie. Ek was sommer dadelik die m##r in , hoe doen sy besigheid

as sy nie Engels of Afrikaans kan praat nie. Daar het n swarte opgedaag met wie ek ook n moeilike tyd

gehad het want Engels was ook sy baas.
 
Ek kan egter nie genoeg beklemtoon hoe ongemaklik Lady Brand my laat voel nie. Ek praat van

veiligheid. Dis asof onheil om elke hoek en draai vir ons wag. Met Besige Bytjie by ons was ek nie op

my gemak nie.
 
Orals staan ongure karakters rond en staar na jou. Dis amper soos n Hollywood fliek , waar jy net

aanvoel jy is nie veilig nie en daar enige tyd iets verkeerd gaan loop.
 
By die kamp terrein was ek meer op my gemak. Ons het n stil aand gehad en n vuur gemaak en bietjie

gebraai vir my en BB. MB is n vegetarier en het n broodjie gebraai.
Die volgende oggend het MB gaan bad en ek het n bietjie Frisbee met BB gespeel.
Ek hou van die kamp plek by Lady Brand , maar hemel , die dorp gee my koue rillings.
 
Sal ek die dorp aanbeveel vir n besoek?
 
Dalk……net vir n half dag, en dan eerder aanry tot by plekkies soos Clarens.
 
GM