Profile photo of Barend

by

ROCCO DE VILLIERS – BEAUTIFULL PIANO – LIVE AT PIETER TOERIEN’S MONTECASINO THEATRE

February 16, 2013 in Uncategorized

Aarde. Ek is nie die soort wat DVD’s en CD’s en dies meer aanskaf nie. Ongelukkig kan ek ook nou nie spog en sê dit is omdat ek veel van ’n tegnologie junkie is en dat daardie soort tegnologie nou vir my verouderd en behorende tot die vorige millennium is nie. Nee. Die rede le in die feit dat ek nie ’n versamelaar is nie. Dit sal net nog ’n ietsie wees wat ek moet saamsleep deur die lewe. Asof daar nie alreeds genoeg tjol is wat mens se dae vul nie. Nee. CD’s en DVD’s maak my nie bly nie. Maar musiek wel.

 

Ek versamel niks. Daar is sulke plekke waar mense mos goete versamel en bewaar vir die nageslag. Plekke soos museums en argiewe. Dis plekke spesiaal ontwerp vir sulke dinge. My kaste is beslis nie.

 

Maar ek ken mense met indrukwekkende versamelings van alles en nog wat. En toe ek die kans kry om Rocco de Villiers op DVD se sien toe reken ek ag dis seker beter as, wel , baie ander dinge en toe kyk ek die ding. En ek moet sê, ek kan dit nogal aanbeveel.

 

Wat lekker is van hierdie DVD is dat dit is soos om amper twee volle ure van ’n raps voor middernag te he. Ja, daai program van Fonnie du Plooy. Die groot verskil is net miskien dat Fonnie ’n beter stem as Rocco het. En dis hoekom Rocco natuurlik eerder klavierspeel as praat. Maar hy het wel baie staaltjies wat hy so tussendeur vertel, wat heel vermaaklik is.

 

Wat vreemd is van hierdie DVD is die feit dat die volume van die musiek hemelsbreed verskil van wanneer daar gepraat word. Die resultaat is dat elke keer wat Rocco begin met ’n storie, jy dan niks hoor nie. Dan moet jy eers die volume hoër stel, maar wanneer hy dan klaar is met sy storie en hy begin weer klavierspeel, dan is dit soos advertensies met nuustyd of as jy naby die kombuis sit in ’n Spur – want jy moet op almal skree om jou te kan hoor!!! Dis nou tensy jy weer die volume laer stel, wat jy maar uiteindelik uit nood doen.

 

Behalwe vir die staaljies wat de Villiers vertel, maak hy ook van dansers en beligting gebruik, natuurlik om die vertoning meer interessant te maak. Daar is ook hier en daar agtergrondmusiek wat bykomend is tot die klavier, en wat as ’n tipe ‘backtrack’ tot die klavier funksioneer op sommige snitte, maar dit is wanneer dit net Rocco en die klavier is wat sy meesterlike vermoë volgens my beskeie mening die heel beste na vore tree. So lewer Rocco ’n besondere vertolking van ‘CHOPSTICKS’.

 

Daar is ook interessante kostuums. In sy vertolking van ‘EDELWEISS’ kan mens vir Rocco sien waar hy geklee is in iets wat nogal bietjie aan die een of ander militêre uniform herinner.

 

Wel, dis nie die tipe ding hierdie wat ek sal aanskaf nie. En ek sien uit daarna om hierdie DVD weer aan sy eienaar terug te besorg. Maar ek dink nou nogal dat ek eendag vir mnr. de Villiers in lewende lywe sal wil sien klavierspeel, want hy het nogal ’n slag met die storie.

2 responses to ROCCO DE VILLIERS – BEAUTIFULL PIANO – LIVE AT PIETER TOERIEN’S MONTECASINO THEATRE

  1. Is seker pestelik om die volume elke keer te verstel?

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>