Profile photo of Barend

by

.

February 16, 2013 in Uncategorized

President Jacob Zuma se onlangse uitsprake dat geweld ‘apartheid se skuld’ is, is vir my so tekenend van talle van ons leiers se weiering om verantwoordelikheid te neem vir die toestand van ons sosiale weefsel. Dit sal baie meer vir ons land beteken as daar erken word dat ons as nasie misluk. Dat ons nie daarin slaag om ons vroue en kinders te beskerm nie. Dat ons skole die jongmense dikwels in die steek laat nie. Maar in stede daarvan om eerlik met onsself en almal om ons te wees, verkies ons om alles af te skryf as die jammerlike gevolge van apartheid.

 

Daar is wel baie baie waarheid aan van die dinge wat die president kwytraak. Die ANC wás histories ’n geweldlose organisasie. Jy het dikwels ’n harde tyd as jy ’n Boer is wat hierdie tipe standpunt handhaaf, want dis nie ’n gewilde standpunt onder alle mense nie. Maar die geskiedenisboeke bewys dit. Mens kan maar net algemene geskiedenisboeke gaan lees om te sien hoe die ANC se lede, veral gedurende die 1950’s, die slagoffers was van regeringsgeorganiseerde terrorisme.

 

En die gewapende stryd het ook nie oornag gekom nie. Dit was ’n lang en harde en bitter interne stryd binne die ANC oor presies hoe die gewapende stryd moes ontwikkel. Om die waarheid te sê, daar is uitgebreide studies wat vir jou goed illustreer hoe verdeeld die leiers van die ANC oor die gewapende stryd was. Dit was dan veral natuurlik Albert Lutuli, ’n man wat selfs dikwels staatsterrorisme aan sy eie lyf gevoel het, wat weens sy Christelike geloofsoortuiging geen sin aan oorlog gehad het nie.

 

Maar wat jammer is van president Zuma se uitsprake, is dat dit die idee skep dat daar net botweg geweier word om enige verantwoordelikheid te wil vat. En dit is nie net sleg vir die moraal van die land as dit so gaan nie, maar ek dink dit doen ons buitelandse beeld ook ontsaglike skade aan.

 

Apartheid was ’n onregverdige stelsel, maar doen ons leiers genoeg om ons in 2013 te beskerm? Is hulle eerlike en deursigtige leiers? Of word apartheid sommer net rondgegooi om verantwoordbaarheid te ontduik?

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>