Profile photo of Barend

by

.

February 14, 2013 in Uncategorized

O aarde nee ek weet darem nie. Hierdie ding van hierdie dame wat die 10 liter Coke per dag gedrink het. Elke dag. En toe uiteindelik dooi. Sy was maar 31. En nou sê ‘die lykskouer’, nee, die Coke moes waarskuwings opgehad het.

 

Ja so baie dinge het deesdae waarskuwings op. Goet wat dit nooit voorheen gehad het nie. Ek is seker daar gaan ’n dag kom wat mens in kombuise en badkamers gaan instap en dan is daar ’n waarskuwing by die krane – wees gewaarsku! Te veel water drink kan jou doodmaak. Skakel dadelik u dokter indien u onseker is oor u veiligheid.

 

Maar daar is so baie verkragting en moord en wat als wat lelik is in hierdie land. Dis jammer mens kan nie waarskuwings op sommige mense ook sit nie.

 

Ek dink sommige moet waarskuwings op he. En die manier hoe sommige mense die Bybel lees laat my wonder of die Bybel nie sommer ook waarskuwings moet ophê nie.

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>