Profile photo of Barend

by

’n Nota oor blondekop vroue

February 13, 2013 in Uncategorized

Ek wil net ietsie seg oor blondines. Blondines is nie uit die aard van die saak dom nie. Inteendeel. En ek kan hiervan getuig. Daar is blonde mense, spesifiek vroue, wat hoogs intelligent is. Die meeste blonde vroue, so sal ek glo, val dan ook in die 80% kurwe van ‘normale’ mense, wat die Psigoloë mos seg ’n goeie gemiddelde intelligensie het. Van min of meer 100 (by vooropgestelde Westerse standaarde, natuurlik).

 

Nou waar kom blondine grappies dan vandaan?

 

Die ding van blondine grappies kom eintlik van manlike stjoepitgeit af. Want sien, daar word gesê en ek het al gehoor da’s slim mense wat hierdie ding empiries bewys het, dat die man homself van nature meer aangetrokke voel tot die blonde vrou. Die Engelse seg mos al toenterjare glo ‘Jintlemen prefer blondes’.

 

Nou wat beteken dit alles? Dit beteken maar net dat mettertyd het baie ‘lui’ vroue ontdek dat daar mans is wat soos idiots agter hulle sal aanhol en hulself sal afsloof as hulle maar net bereid is om hul hare te kleur.

 

En in my ervaring is lui mense nie noodwendig dom mense nie. Inteendeel. Dit is dikwels die lui mensies wat sonder om veel te doen regkom in die lewe.

 

So my vraag is – is hulle dan regtig so ‘dom’? Wie is nou eintlik dom?

 

Die afgelope naweek sien ek die Grotman (Hannes Muller) oppie tievie. En daar vra hulle vir Grotman, hoe hanteer jy beeldskone vroue? Nee, seg Grotman, ek sê net vir myselwers – iewers op aarde is daar ’n man wat net gatvol is vir haar nonsies.

 

En ek sê – só bek kort jam!

2 responses to ’n Nota oor blondekop vroue

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>