Avatar of Barend

by

.

February 12, 2013 in Uncategorized

Ggggggg, ek is al dik vir hierdie storie. Soooooooo dik. Dit begin elke keer so:

 

X: Aaaah, Barend! So, waar is jy nou in die lewe?

 

Barend: Nee ek is by x, y en z.

 

X: Aaaah, ek sien. So dit beteken jy werk seker meestal saam met swart mense.

 

Gggggggg.

 

Ek het nou ook al geleer. Dis gewoonlik as dit begin met ‘waar is jy nou in die lewe’, daai spesifieke woorde. Nie almal wat begin met ‘waar is jy nou in die lewe’ eindig so nie. Maar almal wat só eindig begin gewoonlik met ‘So waar is jy nou in die lewe?’.

 

Man, ja. Ek verklaar dan nou sommer vir almal wat hier lees dat ja. Ek bly in Afrika, nie in die Wes-Kaap nie. En ja, ek werk meestal saam met swart mense.

 

Maar eintlik werk ek sommer saam met enige tipe mensie wat saam met mý wil werk want sien, die ding is dat ek geniet my job so bitter baie dat ek dit sou gedoen het selfs al moes ek meestal saam met wit mense gewerk het. Ek sou my pligte presies dieselfde nagekom het ja. Daarvan is ek seker. Man ek werk so lekker dat ek nie eens mense se velle raaksien nie. Daar is nie tyd vir dit nie.

 

So van die een ding na die ander. Ek sien mens kan nou aansoek doen om na Mars te gaan. Maar dis eenrigting verkeer. Dis nou volgens Volksblad, volgens Huisgenoot, volgens die radio. Ek glo volgens die webtuiste wat aansoeke inwag ook. Sal nie weet nie was nog nie self daai kant nie.

 

Sjoe, ek weet van mense wat regtig móét aansoek doen. Waarheid te sê, daar is sommiges onder ons wat nooit moes weggegaan het van Mars af en aarde toe gekom het nie.

2 responses to .

  1. Ag man, never mind: Happy Valentine’s:)

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>