Avatar of Barend

by

Wees versigtig om die jeug te ignoreer

January 26, 2013 in Uncategorized

Dit is geen wonder dat dit jongmense is wat sommige mense so bangmaak nie. Die wonder van ’n jongmens is dat hulle nie die velle van mense juis raaksien nie. En dit maak nie saak hóéveel dinge gepraat word nie, húlle is die generasie wat die ‘nuwe’ Suid-Afrika VOLUIT BELEEF. Vir baie mense is die nuwe Suid-Afrika maar iets waarmee hulle grootliks van 8 tot 5 te doen kry. Maar die sogenaamde ‘born frees’, wie is hulle? Is hulle nie die mense wat ALLES met mekaar moet deel nie? Is hulle nie die generasie wat, noodgedwonge, saam MOET lewe nie? Saam MOET skool loop nie? Saam MOET eet nie? Saam MOET swaarkry en liefhê nie?

 

En ek dink dat, voordat mens ’n bepaalde politieke standpunt maak, moet jy eers bitter, bitter mooi dink. Want die feit is, die oomblik wat jy gatomswaai, dan gaan jy mense seermaak. Jy gaan mense ontnugter. Dit bly jou reg maar weet maar, jy gaan letsels los. En ek wil ampertjies sê dat dit beter is om mense geen hoop te gee nie as om hulle halwe hoop te gee en dan alles te wil terugtrek. Om eers die indruk te skep van, ja, ons luister na ‘julle’. Ons gee ‘julle’ ’n platform waar julle stemme ook gehoor kan word, net om later te seg nee, nou nie mee nie. Nou skielik nie meer nie. Nou staan julle weer alleen.

 

Maar meer belangriker nog dalk – Daar was, in 1976, óók eendag ’n regering wat nie die jeug se stem wou hoor nie. Vir wie die jeug maar net iets was wat hulle gemaak het of hulle na luister.

 

Ja, daar wás so regering.

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>