Avatar of Barend

by

Post-feminisme?

January 22, 2013 in Uncategorized

Ja, né, dat ek op my ouderdom nog nuwe woorde leer. Dit is net die beste. Ek dink party dae dis al hoekom ek nog koerant lees – om te hoor van woorde wat ek nie ken nie. Ek weet in elk geval alreeds wat in more se koerante gaan staan. Ek is amper soos daai man van ‘Early edition’. Ek weet wat more se koerant gaan sê. Mense is verkrag, vermoor, vir die dood gelos. Ledemate afgesny. Beroof. Bedrieg. Misbruik. Daar is onluste oor dienslewering en ons sportspanne onderpresteer.

 

Maar hande op wie in hulle se lewens het al gehoor van die post-feminisme . . . Dit is so ongehoord, my spelchecker tel die ding nie eens op nie. En volgens WIKIpedia (die lui navorser se uitkoms), is daar geen vaste definisie vir hierdie begrip nie. Dit is soos apartheid. Vir party mense was alle witmense behalwe Beyers Naude en Bram Fischer voor 1994 Nazi’s. Vir ander mense is die witmense van voor 1994 net gewone mense, ook maar dikwels slagoffers van hul tyd.

 

Ja, soveel soos ek sukkel om die term ‘post-feminisme’ nog te verstaan, só sukkel ek om professor Gouws se stuk te verstaan.

 

Ek wonder party dae of hierdie ding van vroue wat so gemartel en misbruik word in hierdie land, of dit nie baie te doen het met:

 

1. Swak regering en

2. Té ligte vonnisse nie.

 

Dit is geen geheim dat dit ’n enorme stryd al in Suid-Afrika afgegee het om die strawwe van verkragters swaarder te maak nie. Hoeveel keer in my lewe het ek nie al gelees dat meneer sus en so al voorheen vir verkragting in die tjoekie was nie, maar dat hy maar net weer losgelaat is?

 

Dat baie mans in Suid-Afrika ’n ‘ander’ uitkyk op vroueregte het, daaroor sal ek nie regtig stry nie. Maar dit is opvallend vir my dat daar talle vroue is wat, eintlik sommer baie van hulle, wat net so hard as mans sal veg vir die behoud van die sisteem van bigamie . . .

 

Hierdie oordrag van waardes sluit dan ook ten nouste aan by die onderwyskwessie. Wat . . . nee wag, laat ek liewer op hierdie punt my bek dig toehou. Ek wil vandag nog slaap en as mens hiermee gaan begin sal jy nooit ophou nie.

 

En dan, die media. Ai, ja, die media. Die media wat vroue se beeld so verdraai. Maar ek wil dit tog waag om te beweer dat hierdie geen ‘verskoning’ kan wees nie. Ek het ’n probleem met hierdie dinge. Want dan, die sogenaamde ‘Westerse’ lande, veral die VSA, en veral Hollywood, is tog gebou op die fondasies van verwronge seksuele voorstellings dan nie? Hollywood is die absolute Mekka van die verdraaiing van seksualiteit. En is die mishandeling van vroue daar ook so erg soos in Suid-Afrika?

 

Daar is ernstige vrae wat by my opkom by die lees van prof. Gouws se stuk. Bv. Hoe weet ons dit is gewoonlik werklose mans wat verkragters is? Hoeveel van die persentasie van verkragters wat gevonnis word is werkloos? Hoeveel is werksaam?

 

Maar bowenal, volgens die artikel op WIKIPEDIA oor die sogenaamde ‘post-feminisme’ het hierdie term te doen met die staat waarin vrou uiteindelik van manlike dominansie ‘bevry’ is. Is ons werklik by hierdie punt? Ek weet vroue se geleenthede is baie beter vandag. Meer vroue as mans behaal glo deesdae grade aan universiteite. En tog verdien mans glo meer, en mans is glo meer dikwels in leiersposisies, so het ek al gehoor.

 

Is daar iemand wat vir my kan sê of ek die professor net totaal en al verkeerd verstaan?

3 responses to Post-feminisme?

  1. Hallo Barend, ek het jou raakgelees op Kerkbode se webblad (en gehou van jou kort en kragtige bydrae daar) en só hier uitgekom. Hier is ‘n taamlike akademiese stuk oor feminisme. Ek gaan nou die skakel volg na die een wat jy oor skryf. Vriendelike Bosveldgroete hier uit Groblersdal. Henrietta

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>