Avatar of Barend

by

Hansie en Joost nie soos Lance.

January 17, 2013 in Uncategorized

Liewe aarde, nee kyk, ek weet dat Psigoloë slim mense is wat uiters belangrike werk doen, maar om vir Hansie Cronjé en Joost van der Westhuizen met die geval van Armstrong te vergelyk – that’s pushing it a tad. Vir my is Hansie en Joost helde. Hulle sal altyd wees. Joost en Hansie was nie bedwelm toe hulle hul grootste prestasies behaal het nie. Ja, hulle mag dalk gejok het. Alle mense jok soms. Ek het al gejok. Maar Armstrong se prestasies (soos meeste fietsryers uit daardie era lyk dit my) was totaal vals. Dié soort verraad het nie net een sportman se reputasie verwoes nie, maar sommer ’n hele sportkode. Selfs in sy donkerste uur was Joost vir my nogsteeds daardie talentvolle skrumskakel wat die world cup in ’95 gewen het.

 

HANSIE EN JOOST IS NIE VERGELYKBAAR MET ARMSTRONG NIE, doktor!

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>