Profile photo of Barend

by

.

January 15, 2013 in Uncategorized

Oei, ek weet dit is maklik om op ’n afstand te staan en oordeel. Ek is gladnie besig om te oordeel nie. Gladnie. Ek het die heel, heel grootste simpatie vir hierdie mense. Miskien is al rede hoekom ek hieroor skryf die feit dat dit my skok. Dat ek voel vir daardie mense.

 

Laat ek liewer nie oordeel nie. Laat ek liewer net sê, daardie mense het meet guts as wat ek ooit sal he. Ek is bang vir renosters. Ek onthou toe ek nog ’n kind was, het ons die wonderlikste wonderlikste windhond gehad. Haar naam was Meraai. Sy was so spierwit windhond. En daar was iets aan Meraai. Sy was iets erger as ’n gewone windhond. Meraai was ‘reggemaak’ deur die veearts. Sy kon nie teel nie en vir baie mense was hierdie feit slegte nuus. Meraai was waarlik spesiaal. Sy was vinniger as ’n gewone windhond. Op die jakkalsjag het die boere haar altyd op die hoeke gesit. Want Meraai was so wild soos die wildtuin. Geen jakkals kon haar jaglus ontglip nie. Ja, Meraai was ’n moordenaar par excellence. Van doodmaak het jy by Meraai geleer en nie sy by jou nie. Ek is seker die 27’s en die 28’s sou selfs vir haar bewondering gehad het as hulle haar ooit in aksie sou sien. Selfs Hitler sou trots kon wees.

 

En wat was hierdie eens magtige jagter Meraai se einde? Dit was ’n klein ou bokkie. ’n Duikertjie of ’n steenbokkie of so iets . . .

 

Ja, en so kan klein bokkies se horinkies ook aan mense enorme skade doen. Hoeveel te meer nie renosters nie?

 

Ek onthou ek het eenkeer ’n baie noue ontkoming met ’n koedoe gehad. Ek het amper in hom vasgery. Nooit gesien kom nie. Gelukkig toe spring die ou dier. Soos dit is met ’n koedoe, was dit asof die ou motortjie soos ’n klein plassie water was waaroor met die grootste gemak geseil was.

 

Diere is gevaarlik. My hart bloei vir daardie jong egpaar. Ja, ek oordeel nie. In ’n roekelose oomblik wie weet sou selfs ek so iets gedoen het. Laat ons almal meer versigtiger wees. Dit is nie lekker om hierdie dinge in die koerant te sien nie.

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>