Avatar of Barend

by

.

January 14, 2013 in Uncategorized

Terwyl so baie mense, insluitend myself, in spanning wag vir daardie onderhoud, gons dit nou omtrent in die sportwêreld oor die nuutste Hansie-onthullings. As kind was ek baie lief vir krieket. Meer om dit te kyk as te speel. Wel, met meeste sportsoorte was ek ’n baie knapper toeskouer as deelnemer. Ek het wel rugby tot ’n mate geniet, so lank as wat my lyf my toegelaat het om te speel. En toe breek die Hansie skandaal. En krieket was net nooit weer heeltemal krieket nie. Maar dis asof die Hansie spook net nooit wou gaan le nie. En nou sit ons met hierdie nuutste onthullings. En help my tog as ek nou hierdie storie verkeerd verstaan, maar indien beide die here Williams en Gibbs se getuienis dan nou vals was, beteken dit dan dat Cronjé waarskynlik nooit direk by wedstrydknoeiery betrokke was nie? En dat hy bloot inligting verskaf het aan beroepswedders, persies net soos talle ander internasionale krieketspelers al gedoen het en weggekom het sonder lewenslange skorsings uit krieket? Ek wonder maar net. Hierdie hele saak is maar erg verwarrend.

 

Dit is tog so jammer dat al hierdie nare dinge in sport moet gebeur. Met fietsry is dit glo so erg, hulle kan nie eens die titels oordra na nommer 2 of 3 nie, want die hele lot was bedwelm.

 

Maar ons moet onthou dat hierdie dinge nie uniek is aan sport nie. Daar is so ’n groot klem op sukses en prestasie in ons samelewing, dat baie soorte mense groot kanse sal waag. Selfs akademici.

 

Ek het vanoggend die nuutste Hansie-onthullings in die Volksblad gelees, op die voorblad, en heel onder op die voorblad was daar ’n ander heel interessante stuk. Dit het gehandel oor ’n gedragskode vir volwassenes. Jip. Vir die ouers van kinders. En nie waar nie, daar in die hartjie van die Rosestad, by Laer Meisieskool Oranje van alle plekke. Nou hoekom, dink u, benodig die Laer Meisieskool Oranje ’n gedragskode vir volwassenes tydens sportbyeenkomste? Ek is seker dat dit waarlik nie handel oor ’n “spesifieke voorval” nie, soos wat Waks Prinsloo aangedui het nie. Nee, dit is in reaksie op die algemene wanorde wat langs die sportvelde heers, waar ouers sukkel om hul emosies te beteul waar hul bloedjies op die sportveld móét presteer. Ja, hulle MOET.

 

Ja, self onthou ek iets van my dae as jong, kranige rugbyspeler. Van ooms wat jou invlieg halftyd. Die een oom sê jy moet só maak, die ander oom sê presies die teenoorgestelde . . .

 

Ek is vandag nog gek oor sport. Absoluut gek. Ek is een van die massas stil stemme wat deels aan sporthelde hul status gee deur sport op TV te kyk, in sportsake te deel met ander sportliefhebbers, en selfs af en toe stadions te besoek. Maar ek moet erken, so lief soos ek sport het is ek bly ek is nie ’n sportman nie. Ek kan dit net geniet en dan is dit verby. Ek hoef nie te jok nie. Ek hoef nie goet in my in te spuit nie. Ek hoef nie in vyandskap met die bure te leef omdat my bloedjie nie die eerste span gehaal het nie. Ai.

2 responses to .

  1. So bietjie kom loer:) Ek skuld so baie mense ‘n besoek of twee.
    Hoe gaan dit?

    Ja, daai Hansieding- en krieket sal ok nooit weer dieselfde wees nie!

    • Dankie Jeanius! Moet by jou ook weer inloer een of ander tyd. Hier gaan dit goed. Fok voor de boeg sommer. Hoop dit gaan goed daar!

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>