Profile photo of Barend

by

.

January 12, 2013 in Uncategorized

Dit is ’n groot verligting dat die polisie hierdie kriminele vasgetrek het wat hulle terroristiese aksies gedurende die Mangaung konferensie wou uitvoer. Volksblad berig vandag dat hierdie mense onder meer beplan het om die stad se water te besoedel. Een verdagte is selfs met die gifstof in sy besit gevang. Hierdie waansin sou natuurlik geen verandering aan die staat in sy huidige vorm gedoen het nie en dit sou nog minder die regerende African National Congress se houvas op die politiek kon beïnvloed. Inteendeel, dade van terreur het eerder die teenoorgestelde effek. Want hoewel dit massa chaos veroorsaak en paniek saai, het terreur die manier om mense saam te snoer. En terreurdade sou die regerende party se posisie net meer verstewig het en hul geloof in hulle eie mandaad laat toeneem het.

 

Maar behalwe vir hierdie feit sou die vergiftiging van onskuldige mense daardie gemeenskappe geweldig getraumatiseer het. Dit is vir my ondenkbaar wat mense tot hierdie uiterste toe wil dryf. Daar is baie maniere waarop mense kan veg vir hulle vryheid. Daar is baie wat gedoen kan word binne die grense van reg en geregtigheid, en sinvolheid en haalbaarheid.

 

Ek kan maar nie anders as om my kop in ongeloof te skud nie. Wat gaan hierdie ‘manne’ vir hulle ‘volk’ kan beteken agter tralies? Hulle sou baie meer kon beteken daarbuite. Maar aan die ander kant is ek so moeg vir van hierdie ‘regse’ mense dat ek kan skree. Dat ek amper nie maaind as klompie van hulle nie meer vry op straat mag loop nie. Ek het uiteraard al met van hulle te doen gekry. Die een ou dametjie was altyd so op besig om onmin en massa histerie te stook. Die een dag toe versprei sy al weer ’n valsheid op die een of ander sosiale netwerk. En die spesifieke dag sê sy oe nee, nóú is dit beslis waar, daar is nou hierdie aanval wat begin is op een spesifieke dorp en dis besig om uit te kring, en al die witmense moet nou begin wakkerskrik of dis tickets met julle pappie. Dit was so erg dat sy my oortuig het en ek mense in daardie streek gebel het om uit te vind wat aangaan. Nee, ons slaap rustig, niks fout hier.

 

En so lieg hierdie mense. Hulle geniet dit om valshede die wêreld in te stuur. Daardie dame is, so ver ek weet, nog steeds gereeld besig met sulke dinge. Verskil is net ek glo niks meer wat sy alles kwytraak nie. Waarheid te sê, ek luister nie eens meer daarna nie.

 

Hoe lank het die vorige hoogverraad verhoor geduur? 10 jaar? Is dit regtig die moeite werd om by hierdie dade van terrorisme betrokke te word?

2 responses to .

  1. Dit is sienings soos hierdie wat die grootste rede vir ons ondergang is.

    Hou op na ou tannies en korrupte media te luister en gaan doen ‘n bietjie jou eie huiswerk.

    Groete

    • Baie dankie vir die lees en kommentaar Phillip. Ek sal dit erg op prys stel as jy my meer inligting kan verskaf. Ek sukkel om nie die media in hierdie saak te vertrou nie. Hoekom sal Volksblad lieg oor ‘n saak soos hierdie? Soos dit vir my lyk was hierdie ouens se plan om onskuldige mense te vergiftig. Kan jy vir my dan enige bewyse verskaf wat hierdie media berigte weerle? Ek sal dit graag wil sien. Vrede vir jou.

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>