Avatar of Barend

by

‘Meditasies’ – Marcus Aurelius

January 5, 2013 in Uncategorized

Ag, lieflik, lieflik. Ek kon uiteindelik daarin slaag om keiser Marcus Aurelius (121 – 180) se ‘Meditasies’ deurgelees te kry. Ja, dit was nie my eerste poging nie. Ek het al voorheen probeer en toe los ek dit. Ek het ’n Engelse vertaling hier en ek was erg gesteur deur die ‘Notes’ agterin. Dié beslaan amper net soveel bladsye as die teks self. En ek vermoed dit was daardie notas wat verhoed het dat ek net lekker kon lees. Maar toe besluit ek om al hierdie notas te ignoreer en sommer net die ding deur te lees. En dit was ’n fees. Dis net interessant vir my om te sien dat daar eintlik ’n Afrikaanse vertaling van die werk ook bestaan. Dit is jammer ek moes die Engelse teks lees. Daar was dele wat ek gesukkel het om te verstaan.

 

Aurelius is vandag meer bekend vir sy ‘Meditasies’ as vir die feit dat hy keiser was. En dis ook geen wonder nie. Ek vermoed die groot waarde van hierdie werk, net soos talle tekste wat die toets van die tyd deurstaan het, is dat dit veral juis wanneer dit buite konteks gelees word, dat dit uiters treffend is. Baie soos talle van die boeke vervat in die Bybel.

 

Aurelius word tipies geassosieer met die stoïsyne. Dit is veelseggend om daarop te let dat Aurelius sy ‘Meditasies’ geskryf het in Grieks. Ek het telkens hieraan gedink wyl Aurelius se ‘Meditasies’ my laat dink het aan die boek ‘Prediker. Neem nou byvoorbeeld hierdie woorde van Aurelius:

 

“Look back over the past – all those many changes of dynasties. And you can foresee the future too: it will be completely alike, incapable of deviating from the rhythm of the present. So for the study of human life forty years are as good as ten thousand: what more will you see” ‘Mediatasies’ (7:49)

 

Ek wil graag ’n gedeelte uit die Prediker aanhaal wat hierby aansluit. Die oorhoofse idee is die gedagte dat alles maar uiteindelik dieselfde bly dat die lewe eintlik maar futiel is:

 

“Ek het my daarop toegelê om te verstaan wat wysheid en kennis is, en wat dit is om ‘n gebrek aan wysheid en kennis te hê. Ek het vasgestel: ook dit is ‘n gejaag na wind.” Prediker 1:17

 

Wat mens herhaaldelik in hierdie ‘Meditasies’ kry, is die idee dat alles net tydelik is. Dat die dood niks is om te vrees nie, omdat dit die natuurlike uitvloeisel van die lewe is, en dat meeste van dit waarmee ons onsself besig hou uiteindelik futiel is. Amper soos die Prediker wat sê dat ‘alles kom tot niks’:

 

“Continually review in your mind those whom a particular anger took to extremes, those who reached the greatest heights of glory or disaster or enmity or any other sort of fortune. Then stop and think: where is it now? Smoke and ashes, a story told or even a story forgotten …” ‘Meditasies (12:27)

 

Maar daar is klemverskille. Die Prediker is natuurlik so sinies oor als, hy sê jy moet bly wees as jy doodgaan want jy gaan gelukkiger wees dan. Erger! Hy sê die heel gelukkigste mense is die wat nog nooit gebore is nie (Prediker 4: 2-3).

 

Vir Aurelius is die dood eerder die natuurlike voltooiing van die lewe:

 

“Nature’s aim for everything includes its cessation just as much as its beginning and its duration – like someone throwing up a ball. How can it be good for the ball on the way up and bad on the way down, or even when it hits the ground …” ‘Meditasies’ (8:20)

 

Wat Aurelius hier sê is iets waaraan ek so dikwels dink. En dit is dat slegte ervaringe ᾽n manier het om tog uiteindelik ‘goed’ te gewees het. In Afrikaans is daar ᾽n ander baie belangrike uitdrukking wat vir my hierdie aansluit. Dit lui ‘wat nie dood maak nie, maak groot’. En hierdie ‘groot’ kan natuurlik op verskillende maniere gelees word. Mens kan dit sien as ‘volwasse’. Maar ook as ‘besonder’ of ‘bekwaam’. Aurelius het besef dat die spasiële metafore van ‘op’ en ‘af’ eintlik net metafore is. Dit is figuurlike taalgebruik wat deur mense uitgedink is. Vir hom was die gevolgtrekking dat die dood nie in beginsel ‘sleg’ is nie. Dit is maar bloot die mens se ervaring daarvan wat sleg is.

 

Uitdrukkings wat vandag baie bekend is, is te vind in die ‘Meditasies’ . Was heel opgewonde toe ek die volgende lees (opgewonde omdat ek dit herken het):

 

“A king’s lot: to do good and be damned” (7:36)

 

“ … live each day as if it were your last …” (7:69)

 

Ek kon nie help om te dink aan die bekende TV persoonlikheid Oprah Winfrey toe ek die deel by 7:67 lees nie. Ek weet nie veel van Winfrey nie, maar iets wat ek haar eendag hoor sê het, het by my vasgesteek. Winfrey het naamlik gesê dat nie alle mense bekend (famous) kan wees nie, maar alle mense groots (great) kan wees. Hier is wat Aurelius gesê het:

 

“ …do not think, just because you have given up hope of becoming a philosopher or a scientist, you should therefore despair of a free spirit, integrity, social conscience, obedience to god. It is wholly possible to become a ‘divine man’ without anybody’s recocnition.” ‘Meditasies’ (7:67)

 

Plato Plato Plato. Dit kom elke keer terug na die Griekse konneksie. Prediker, Plato en die Griekse taal. Plato het natuurlik geleer dat opvoeding nie eintlik die aanleer van dinge is nie, maar die herontdekking van wie ons eintlik is, mens kan ook seker sê die ‘afleer’ van bepaalde dinge, maar die klem is veral op die ‘herleer’ van dit wat ons vergeet of afgeleer het:

 

“Knowledge, Plato held, is about what is eternally and immutably true. Any object of knowledge must likewise be something perfect, permanent and unchanging. Since everything in the world of our ordinary experience is just the opposite, it follows that we never have knowledge of them, but at best only belives or opinions [Ek WEEEEEEEEEENS mense wil hierdie wysheid herontdek!!] . . . How then do we ever come to have knowledge? The answer, Plato said, is that we have immortal souls which, before being embodied, were in contact with the perfect and eternal objects of knowledge in what Plato called ‘the realm of Being’, so called because things truly exist there (In the ordinary world, which Plato called the ‘realm of becoming’ because everything is changing – i.e. becoming something else –things exist only in an incomplete sense, coutesy of their ‘participation in’ the truly existing entities of the realm of being). When our immortal souls enter a physical body – and because they are immortal they do this repeatedley – they forget all they knew. The process of education is therefore not one of being taught, but of being reminded, of some of the realm of Being’s eternal verities.”*

 

Om te onthou. Om te word dit wat die Natuur wou he jy moet wees – dít is die sentrale boodskap, ook van Aurelius se ‘Meditasies’. Want Aurelius het geglo dat die mens inherent ‘goed’ is. En dit is miskien die heel grootste verskil tussen Aurelius en talle gelowiges wat eerder verkies om te glo dat die mens ‘in sonde ontvang en gebore is’.

 

Keiser Marcus Aurelius se ‘Meditasies’ is van ons mees merkwaardigste stukke wêrelderfenis. En of jy nou in gode glo of nie, dit sal ’n fantastiese idee wees om tyd te maak en Aurelius se goet te lees as jy nog nooit het nie! Ek beveel dit aan.

 

*A.C. Grayling, The heart of things: Applying Philosophy to the 21st Century, London, 2005, pp. 183 -184.

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>