Profile photo of Barend

by

Enorme taak rus op die skouers van skoolhoofde en onderwysers

January 5, 2013 in Uncategorized

Ag liewe hemel hierdie mense met hulle wat-is-beter-staat-of-privaat-oe-nee-wag-dis-te-gevaarlik-om-ons-kinders-aan-enige-iets-anders-as-onsself-bloot-te-stel-so-tuisonderrig-is-nou-beslis-die-heel-beste nonsens. En dan het sulke mense dikwels hulle se voorbeeltjies, dikwels hulle eie kinderse wat hulle as bewysstukke uitstal. Tot ’n mate kan ek ook verstaan hoekom dit so gaan. Want vir baie lank is mense wat graag tuisonderrig wou doen en gedoen het, is sulke mense geteister. Maar regtigwaar. Wat te erg is is te erg. Ek het ’n goeie vermoede en ek vermoed boonop ek vermoed reg, dat daar talle uiters knap staatskole is.

 

Ek wonder hoekom weet ek van so baie suksesvolle mense wat nooit privaat of tuisonderrig ontvang het nie. My eie oupa het net standerd 3 gehad. Hy was ’n uiters suksesvolle boer. Ek het al gelees van privaatvaatskole wat uitmekaar val. Natuurlik is daar privaatskole wat uitstekend is. Natuurlik is daar mense wat tuisonderrig ontvang wat baie sukses behaal. Maar hoekom moet ons as mens dikwels so totaal totaal veralgemeen.

 

Ek wil tog vir Annelie Brits sê dat, nee, dit is nie die regering wat primêr skoolkinders oplei nie. Nee dis individuele skole. En die sukses van ’n skool hang heel dikwels tot ’n groot mate van een ding af, en dit is het die skool ’n bekwame skoolhoof. Dit is die skoolhoof wat die werksywer van ’n skool bepaal. En daar is staatskole waar dinge nie goed gaan nie. Dit sal min mense ontken. Maar mens moet regtigwaar oppas om te veralgemeen.

 

Net so terloops, die regering word nou baie erg gekritiseer oor die hoër slaagsyfers. Oral hoor en lees mens hoe mense die regering aanvat daaroor. En kyk, dis alles goed en wel en dis vir my wonderlik dat mense krities is, dis hoe dit hoort, en laat ek net sê, die regering moet deur die mense van die land gekritiseer kan word. Maar ek wil tog net sê dat, ek het al so dikwels in die verlede gelees dat dit juis in die privaatskole is wat die syfers gedokter word om die skole se beeld kunsmatig te poets. Ek het boonop die vermoede dat die resultate wat aangekondig was juis al die mense van die land se kinderse insluit, of hulle nou tuis, privaat of publieke opleiding ontvang het.

 

Elke mens se situasie in anders. Dit is hoekom tuisskoling so wonderlike ding is. Want daar is sekere mense vir wie dit net beter werk. Vir ander mense werk staatskole beter.

 

Ja, elke mens is uniek en se omstandighede en behoeftes is dus uniek. Een van ons belangrikste bloggers in Afrikaans is mos juis ’n onnie. Kyk hoe passievol raak die man onlangs op sy blog:

 

“Dynamo die towenaar se dit seker die beste: Daar is nie iets soos ’n gewone mens nie. Almal is buitengewoon. Ons moet net die moeite doen en ons oë oopmaak. Dan sal ons dit raaksien. In 2013 gaan ons hierdie verantwoordelikheid weer opneem as beskermhere van kinders se onuitputlike en unieke potensiaal om iets waardevol in hierdie lewe te wees. Ons werk nie met die verlede nie maar ons is die pottebakkers van die toekoms. Ons help hulle om elke jaar nuut te begin en om die verlede as ’n gewisselde tjek te beskou. Ons gaan elkeen help om, met die drome van 2013, hoopvol, dit ’n werklikheid sal laat word. Ek weet by my skool neem almal hierdie taak ernstig op en sal ons nog steeds die fakkel dra. Hierdie is nie net hoop nie maar ervaring wat praat. My eie twee dogters is immers hier deur en die oudste het nou net Matriek met vlieende vaandesl (sic) geslaag. Dit is nie so sleg soos wat al die doemprofete en werwingsbeamptes van nuwe privaatskole dit wil maak nie…”

 

Ek wonder hoe enige iemand kan dink dat hulle kinders nie goeie onderrig kan ontvang by iemand soos mnr. Nel nie.

 

Ek wil tog sê, ek dink die ‘probleem’ lê heel dikwels by die kinders self. Want daar is so baie kinders wat regtig nie WIL Shakespeare leer nie. Hulle wil ander dinge doen. Hulle wil met karre werk. Of met elektriese toestelle. Of wat ook al. En nou sit hulle, gefrustreerd op skool. En wat is daar om hulle te motiveer om dinge te leer wat hulle nie verstaan nie en wat hulle voel hulle nooit weer gaan gebruik nie?

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>