Avatar of Barend

by

Wetgewing teen lawaaierige reklame ASSEBLIEF!!!

January 1, 2013 in Uncategorized

Het u dalk al ook die volgende ondervinding gehad geagte leser? U sit saam met u geliefde(s) voor ’n televisie stel. En die program gryp julle aan, of dit nou die nuus of IDOLS of wat ook al die geval mag wees. En skielik begin die program die bekende wysie speel wat aankondig dis nou tyd vir reklame, of die aanbieder maak die aankondiging, en opgewonde draai u na u geliefde(s) toe om u indrukke oor die program te deel, noudat dit die reklamebreuk is. Maar nes u lostrek verskyn daar ’n mal man op die skerm, dalk met ’n naam soos ‘Generaal Badkamer’ of so iets wat beloof om elke liewe voorstedelike huismamma se lewe revolusionêr te verander met sy nuwe, verbeterde badkamerskoonmaakmiddel. En hy praat so hard dit klink of hy skree. U eie woorde aan u geliefde(s) verdwyn in ’n see van geraasbesoedeling. U begin later op hulle te skree . . .

 

Party dae voel dit so erg, u wonder of die vervaardigers nie dalk die advertensies se klank harder maak as die program waarna u kyk nie. En indien dit u vermoede is of al was, dan is u 100% korrek.

 

Om die waarheid te sê, daar in ’n verre land met die naam die Verenigde State van Amerika (VSA), het hulle nou ’n wet gemaak teen hierdie verskynsel. Die VSA is nie ’n land wat altyd die heel heel beste dinge doen nie. Oor Amerika het die Duitsers al gesing:

 

“Nach Afrika kommt Santa Claus

Und vor Paris steht Micey Maus”  -   Rammstein

 

Maar, geagte leser, ek voel dat u dalk met my mag saamstem dat ook ons mensies hier in sondige Suid-Afrika so ’n tipe wet benodig. Ons benodig dit vir onsself. Vir ons jeug. Al is dit net vir die doel om nie meer langer op ons geliefdes hoef te skree die oomblik wat die reklame begin nie. Dit is vir my duidelik dat daar soms baie baie goeie dinge in die VSA gebeur. Ek wens so bitter graag dat 2013 die jaar kan word waarin debatte oor hierdie saak kan opvlam.

 

In die VSA staan hierdie wetgewing as die ‘CALM’ (Commercial Advertisement Loudness Mitigation) wetgewing bekend. En ek kan net droom van die kalmte wat dit in daardie land se huishoudinge bring.

 

EN ONS ORE VERDIEN DIT!!!

 

Alle mense se ore verdien dit.

 

Klik gerus HIER vir die Wikipedia blad oor die CALM wetgewing.

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>