Avatar of Barend

by

Nuwejaarsboodskap van ons redakteur mnr. Barend van der Merwe

December 25, 2012 in Uncategorized

Op Kersoggend toe is ek in die kerk. En die dominee staan daar en hy sê – hierdie dinge van kersverhaal. Van Jesus wat gebore is in Bethlehem. Hierdie dinge is nie sommer net stories nie broers en susters. Hierdie dinge is historiese feite. Dit is Geskiedenis. Dit is Geskiedenis maar dit leef nog in ons harte ens. ens. ens.

 

Net die aand praat ’n ander dominee op die radio. Oe nee ons moet tog net nie die Bybel as Geskiedenisboek sien nie nee nee nee. Geskiedenis is dit helaas nie!

 

DIT IS DIE PROBLEEM IN HIERDIE LAND!

 

- Ons het kommuniste wat teen nasionalisering is.

 

- Ons het dominees wat nie die Bybel glo nie (wat dalk in beginsel nie sooooo slegte ding is nie, die slegte deel is waar hulle so verskriklik verskillend praat en mense verwar).

 

- Ons het ‘feministe’ wat pro-bigamie is.

 

Agge nee &$*#@(#*$&@. Ek gee op.

 

2013 gaan maar net wees soos 2012. Dit gaan wees hoe meer dae hoe meer dinge.

 

Maar as jy gelukkig is, dan is daar iewers iemand wat vir jou omgee en jou liefhet. En om dolgelukkig te wees is wanneer jy iets vir iemand beteken en dat daai persoon dit waardeer. Selfs al is dit ’n iemand wat van die minste is in die oë van die wêreld. Dalk verál dan.

 

’n Mens moet dink aan hierdie dinge as jy nie meer wil lewe nie en nie die lig sien nie.

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>