Profile photo of Barend

by

Feesgety boodskap van ons redaksie

December 21, 2012 in Uncategorized

Ons het nie ’n sisteem wat kritiese denke beloon nie. Nie dat mens krities moet wees vir enige beloning vir jouself nie. Jy moet krities wees omdat dit in almal se belang is om vrae te vra. Maar in plaas daarvan leef ons in ’n wêreld wat dikwels eerder verkies om ‘ja-boeties’ te wees. Omdat dit geriefliker is in die kort termyn. En dit is oral. Dit is in die politiek. Dis in die kerke. Dis verál in die kerk, wat eintlik leiding moet neem, waar kritiese stemme dikwels gesmoor word.

 

Dit is jammer dat ons sake en mense so dikwels verwar. Eintlik is sake sake en mense mense. Mag 2013 die jaar wees wat ons iets van hierdie broodnodige kapasiteit sal ontwikkel.

 

(IS VANDAG NIE VERONDERSTEL OM DIE EINDE VAN DIE AARDE TE WEES NIE?!!! Ek het gehoop ek kon al teen hierdie tyd 30 seconds speel saam met Moses en Sint Paulus en al die ander).

 

Al die beste wense (aan ALMAL)

 

B-zo.

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>