Avatar of Barend

by

Sonde met die Sonstraalvanger

December 20, 2012 in Uncategorized

Diegene wat gereeld hier aandoen sal weet van my fassinasie met, wat ek noem, ‘spirituele kunswerke’, spesifiek dan musikale kunswerke. Ek het al my indrukke van verskeie liedere gegee, van “Genade onbeskryflik groot” en “Imagine” tot “I still haven’t found what I’m looking for” en “River of dreams”. Maar vandag wil ek vir ’n wyle vertoef by een van ons meer ‘ongemakliker’ liedere wat al gesing was. Maar ook een van ons belangrikste stukkies kulturele wêrelderfenis.

 

Ek was nooit ’n groot Nirvana aanhanger nie. Kon net nooit lekker vatkry aan die musiek nie. Al die aggressie miskien. Dalk net-net bietjie te veel vir my. Maar toe Kurt Cobain met sy akoestiese kitaar ’n vertoning gelewer het vir MTV unplugged, het hy my, sowel as baie ander mense se bewondering gewen.

 

Dit is nie die grootste geheim nie dat Nirvana nie genoeg van hulle eie materiaal gehad het om ’n hele vertoning van ‘Unplugged’ te vul nie. Dit is vir my veelseggend. Dit verklaar dalkies baie hoekom ek self so swaar sluk aan ‘Nirvana’. Hulle musiek is baie, hoe sal mens nou sê, spesifiek(?). Die feit is, dit sou net nie lekker gewerk het ‘unplugged’ nie.

 

En so het Cobain dan ook dié dag talle liedere gesing van kunstenaars wat hy self bewonder het. En een van daardie orkeste was ‘the Vaselines’, wat ’n tipe parodie gemaak het van die baie bekende Christelike liedjie “I’ll be a sunbeam”.

 

’n Onvergeetlike deel van die spesifieke vertoning was toe Chris Novoselic tydens die lied die trekklavier ingespan het, in plaas van sy gebruiklike kitaar.

 

Uit die aard van die saak was daar al daar baie baie spekulasie oor Cobain se eie spiritualiteit gewees na aanleiding van dié spesifieke optrede. Dit is vir my jammer. Dit is miskien so dat nie elke liewe Christen gemaklik sal wees met die sing van só ’n lied nie, en Cobain was natuurlik allesbehalwe ’n Christen. Maar vir my is dit dat hierdie lied ’n bepaalde emosie weergee. Ongeag wie dit nou ook al sing, dit gee jou ’n venster in die frustrasie van die ‘nie-Christen’. Dit is jammer dat mense altyd die kunstenaar se lewe en die kunswerk so vervleg, maar dis maar hoe die mens werk.

 

Ek is gelukkig in dié opsig, as NG-christen (wat natuurlik ’n swakker tipe Christen is volgens sommige), dat ek bemagtig is om ook waardering te kan toon vir hierdie tipe kunswerke. Ek beleef dan self my frustrasies met sommige geloofsiekmense wat vir my enigiets vertel van dat ‘die einde nou op hande is’ want dis sigbaar in ‘die tekens van die tye’ tot dat Kersvader eintlik Satan is. As dit vir MY, wat myself ‘Christen’ noem, dan soms frustrerend is en dit vir my voel asof God om elke hoek en draai in my keel afgedruk word en dat mense net God, God, God die hele dag dat jy later net wil skree maar WAAR IS HIERDIE GOD?, dan hoeveel te meer moet dit nie erger wees vir ’n ongelowige nie?

 

Ander ding. Hierdie ding van mense wat elke suksessie en persoonlike oorwinningtjie wat hulle beleef aan hulle onwrikbare geloof aan ‘God’ toedig – dit is vir my net TE party dae. Jy wil later wonder of die mense wat teespoed beleef dan nou totale slegte mense is. Daar is dan kriminele met wie dit goed gaan. Hoe moet die ou voel wat bid en bid en bid en net aanhou teespoed beleef? Maar nee ons is nie gepla daaroor nie. Solank ons net ons eie sukses in die lewe so hard as moontlik van elke balkon af kan aankondig as ‘God’ se werk in ons lewens, dan pla andere se swaarkry ons min.

 

Ek is dankbaar dat daar vir my so baie vensters is om deur te kyk in die lewe. Ek is dankbaar daar was ‘Nirvana’, al is ek nie die heel grootste ondersteuner nie, en al was ek deur sommige geleer hulle was ‘Sataniste’.

 

*********

 

“Jesus doesn’t want me for a sunbeam

cause sunbeams aren’t made like me

Don’t expect me to cry

for all the reasons

you had to die

Don’t ever ask your love of me.

 

Don’t expect me to cry

Don’t expect me to lie

Don’t expect me to die for thee.”

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>