Avatar of Barend

by

.

December 20, 2012 in Uncategorized

Die Demokratiese Alliansie (DA) was baie reguit in hulle onlangse uitsprake nadat president Zuma herkies was. Daar is ook die waarskuwing gerig dat die party beslis nou verder sal verbrokkel. Dit mag so wees. Of dit mag nie so wees nie. Maar die DA se probleem is nie of die African National Congress (ANC) verdeeld of onverdeeld is nie. Die DA se probleem is dat die ANC baie steun het onder nie-ingeskrewe lede. Onder gewone mense. En selfs al is die ANC diep verdeeld, is dié party se steun nog baie sterk.

 

PavanBarend sê altyd hierdie ding. Hy sê dit was presies dieselfde ding met die Natte. Die mense het blý stem vir die Natte, selfs te midde van die diepste verdelings. Dit was gewone ou, wat nie ingeskrewe lede was nie, wat die party aangehou dra het. En dit is maar net logies dat dit vandag nog so is met die huidige regerende party.

 

En 2014 gaan nie maklik wees nie. Dit gaan baie, baie moeilik wees vir die DA. ’n Mens sal moet wag en kyk wat presies die uitwerking gaan wees van die DA se beeld wat die laaste tyd so verander het. Hierdie verandering van die DA is uiteindelik dalk maar net simbolies. Maar simboliek is baie baie kragtig. Dit is jammer dat dit so is maar dis so.

 

Dit is juis as gevolg van simboliek wat ek dink dat die DA baie swaar gaan kry in 2014. Ons moenie vergeet dat dit in 2014 presies 20 jaar gaan wees wat die ANC regeer nie. 20 jaar na 27 April 1994. Dit sal my dan ook nie verbaas as die datum van die verkiesing vasgestel gaan word op daardie dag nie. Die regerende party sal stjoepid wees as hulle die ding nié so reël nie. En hulle sal ’n enorme ding daarvan kan maak.

 

En dit sal weereens, nie die lede wees nie, maar die groot massa, die massa wat miskien voor ’94 ’n job gehad het en nou nie meer nie, maar wat intussen ’n huisie en elektrisiteit gekry het . . .

 

En die ou wat wel ’n job het hoef nie meer sy vrou in die tuisland agter te los nie.

 

Die DA kan miskien voel dat die herverkiesing van president Jacob Zuma kan in hulle hande speel (en vir al wat ek weet kan dit so wees). Self het ek dit nie aan die begin van 2012 verwag nie. Ek het verwag die adjunk sal president word. Maar selfs al voel die DA dat hulle bevoordeel gaan word deur NOG ’n Zuma termyn sal hulle wakker moet slaap as hulle nie ’n verassing in 2014 wil kry nie.

 

Ek mag weereens verkeerd wees, maar 2014 kan dalkies net weer die jaar word waarin die opposisie versplinter en die DA begin steun verloor.

 

Dis nou te sê AS die regerende party nie een of ander tyd weer ’n skeuring beleef nie. DIT, baie meer as die nuwe Zuma termyn kan die DA ’n hupstoot gee.

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>