Avatar of Barend

by

Storie van een van my en Johnny se ervaringe*

December 19, 2012 in Uncategorized

Ek en my vriend Johnny** moes eendag ver ry om ’n aflewering te gaan maak. Johnny is een van die heel vriendelikste mense wat ek ken. Hy is nie baie bekend vir sy werksywer nie. Maar sy warm persoonlikheid maak baie op hiervoor en red hom gereeld uit moeilike situasies. En so ry ons en als verloop goed. Ons lewer alles veilig af by die mense wat ons veronderstel was.

 

Hier net na vier is ons amper terug. Ons is so entjie uit die dorp uit. En vyfuur is tjaila tyd. Johnny het die pad teruggery want ek het die pad soentoe gery. En so ry en ry ons. Deur die tolhek. En ek sien Johnny ry al stadiger, en stadiger, en stadiger. Later vra Johnny vir my of ek nie nog iewers wou stop nie. Nou is ek totaal uit die veld geslaan, maar ek begin my vermoedens kry. Ek sê Johnny nee ek wil nêrens stop nie ek wil van die pad afkom en hoekom ry jy so stadig? Toe kom die waarheid. Nee, dit is nog eintlik baie ver van vyfuur. As ons nou daar aankom, dan kry ons nog werk.

 

En ek is nie lus hiervoor nie. Ek werk eerder voor ek ure op die pad ronddrentel. Ek sê Johnny besef jy ons is deur die tolhek? Ja ja ons is deur die tolhek. Ek sê Johnny besef jy ons het betaal by daardie tolhek. Ja ja ons het betaal hy weet dit wat het dit met die prys van eiers uit te waai? Ek sê Johnny, die baas gaan op die strokie beslag lê, en soos ek weet dinge werk gaan bossman beslis die tyd op daardie strokie ondersoek. En weet jy wat gaan hy doen Johnny? Hy gaan wonder hoekom ry ons so lank aan hierdie laaste kort entjie van die tolhek af tot terug waar ons moet wees.

 

En ek sê weet jy wat Johnny, weet jy wat ek dan gaan doen as hy by my wil weet wat gebeur het? Dan gaan ek net sê sorry bossman, ek het nie teruggedrywe nie. Vra die man wat teruggedryf het.

 

En Johnny se oë het nét so grOOt gerek en tóé moes jy vir Johnny sien ry hoor! iYoh! Dit was iets om te beleef. Skielik kry ons voertuigie weer lewe.

 

Ons was uiteindelik net klein bietjie ‘laat’. En ek was reg, bossman het die kontroletoets gedoen en hy’t net bietjie gefrons en dit maar so aanvaar.

 

En ek was uit die warm kar uit. Halleluja.

 

* Soos meeste stories is ook hierdie een iewers, maar nie orals waar nie.

** Skuilnaam.

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>