Kersgebed van ’n NG-Christen
December 19, 2012 in Uncategorized
Onse Skepper wat in ons harte is
Help ons om blymoedig te wees
Tydens hierdie Roomse fees
wat skynbaar die geboorte van die Kind herdenk
Laat reg geskied
Laat mense in hemelsnaam die padreëls gehoorsaam
en onthou om bloed te skenk
en gun almal dan ook ’n stukkie brood
En gee ons elkeen net iets om voor te léwe
tot die dag van ons dood
Groete
B-zo

Recent Comments