Avatar of Barend

by

Net vanoggend toe sê ek: ‘Come what come may, time and the hour runs through the hardest day’

December 13, 2012 in Uncategorized

Pffffff. Kry ek vandag ’n skok toe ek so op die web rondblaai. Veral so op my geliefde Nuus24. Kom ek toe so af op hierdie een stuk oor die film ‘Die Wonderwerker’. Liewe aarde. Ek het laas sulke groot woorde gehoor toe ek op skool was. My gevoel ek sit weer in die een of ander proffie se klas en verstaan nie lekker wat aangaan nie. Erger! Wou-wou net gevoel kry van &8*^!, het ek sopas die eindeksamen vraestel geskryf? Wat nou?!!! Wat beteken al hierdie woorde op die vraestel?

 

Nee kyk, ek is ’n groot voorstander van lewendige debat. Ek dink dit is fantasties dat mense mekaar se kunswerke kritiseer. Kuns is tog oop vir interpretasie. Maar dis moeilik om die dinge te volg as ’n man nie ook ’n PhD in Drama en teaterkunde het nie.

 

Ok. So wat ek verstaan is daar word gesê dat ‘Die wonderwerker’ ’n swak film is omdat toneel twintig nie goed is nie.

 

Ek moet sê, self het daai toneel my nie juis verwar nie. Ek het gedink dat ek ‘verstaan’ waaroor daai toneel gegaan het. Dat dit ’n “rol” speel in die hele film.

 

As ons doodeerlik met onsself moet wees, dan moet ons maar liefs erken dat geen film of afbeelding ooit ’n goeie verteenwoordiging van die werklikheid is of sal wees nie. VERAL nie films nie. Films word gemaak om te verkoop. ’n Film wat nie verkoop nie word as ’n mislukking beskou. Geen afbeelding is ooit oortuigend nie. Die antieke Israeliete het hierdie ding goed besef (Eksodus 20:4).

 

Vir my was ‘die Wonderwerker’ tog veel meer genotvol as die stringe gemors wat ek al van Hollywood gesien het.

 

Wat is oortuigend van tekste? Is Shakespeare ‘oortuigend’? Watse tipe mense praat so? Ek meen, of hulle nou op ’n verhoog staan of wherever, wie op aarde praat so?

 

Nee wat, die mees verveligste film wat jy sal kan maak, sal een wees wat 100% lewensgetrou is. Mense gaan kyk JUIS films om van die ‘gewone lewe’ te ontsnap. Dit sal nooit verander nie. Dit is hoekom hulle 400 jaar gelede daai vreemde tekste van Shakespeare gaan kyk het.

 

Ek staan voorloping by my standpunt (totdat ek dalk anders oortuig kan word, indien ooit). ‘Die Wonderwerker’ is een van die heel beste films wat ek al gesien het. Dit het my baie meer oortuig as al die aliens en monsters en wie weet watse goed nog alles wat uit B(H)olliewood kom. En al daai stereotipering van vroue en seks en verhoudinge en geweld. Nee wat. Gee my eerder nog films soos ‘Die wonderwerker’.

 

As daar een ding is wat die wêreld vir Martin Luther voor moet bedank, dan is dit dat hy hulle die fondasie gegee het om eerder self te kon besluit en vir hulself te probeer dink.

 

En, wat geld in die godsdiens geld oral. Anders gestel – what’s good for the goose is good for the gardener.

2 responses to Net vanoggend toe sê ek: ‘Come what come may, time and the hour runs through the hardest day’

  1. Ek het ook gedink dis goed. ‘n Sagte kyk na Eugene Marais, maar why not? Hoekom moet alles altyd sinies wees?

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>