Avatar of Barend

by

Ook maar net mench

December 8, 2012 in Uncategorized

As iemand my ooit oor hierdie saak moet verwyt, dan sal ek toegee: Ek dink nie dikwels aan vroueregte nie. Oor die verkragtings dink ek wel dikwels. JY KAN AMPER NIE ANDERS AS OM GEREELD HIERDAAN TE DINK IN HIERDIE (KAN EK DIT MAAR Sê?) VIESLIKE LAND NIE, WAAR MANS MAAR NOG BAIE SUKKEL OM VROUE SE KEUSES TE RESPEKTEER.

 

Maar wanneer dit by algemene vroueregte kom, dan is ek maar soos meeste sondaars. Ek dink min daaraan. Dink net aan my eie probleme en kopsere.

 

Ek was so tyd gelede by ’n debatskompetisie. Daar was skoliere. En toe vra ek die een jong dame, na afloop van haar indrukwekkende toespraak oor die onderwerp dat vroue meer bemagtig moet word, toe vra ek haar, wat dink jy van bigamie? Ek stel baie belang wat mense hiervan dink, want ek weet hoe mense verskil.

 

Nee sê sy toe, sy dink dis ’n goeie ding. Daar is niks mee verkeerd nie.

 

Vroue vroue vroue.

 

Ek sien dikwels op die TV, dat dit dikwels vroue is wat die grootste kampvegters vir die gebruik van die burka is.

 

Die slim mense (dies met die baie grade in Sielkunde) sê gereeld dat dit gewoonlik die ouer van dieselfde geslag as jy is, wat die heel grootste invloed op jou het. En hoe ouer ek word, hoe meer vermoed ek ‘hulle’ is reg. My eie vader domineer sy vrou nie. Mens kan seker vir PavanBarend as ’n patriarg klassifiseer, maar as jy hom as sulks klassifiseer, dan sal jy die klousule moet byvoeg ‘net-net’.

 

PavanpavanBarend was ’n baie sterker patriarg. Dit was nog een van daai huise waar ‘if pappa is happy, then everybody is happy’.

 

My eie ouerhuis was nie presies so nie.

 

En ek vermoed my liewe moeder se ouerhuis was ook nie so nie. Ek het nooit die voorreg gehad om vir ouma ‘Sannie’ te ontmoet nie, maar van wat ek al gehoor het was sy ’n kragvrou.

 

Dit is vir my ’n skok. Ek het al verskeie mense gehoor wat sê hulle sal nooit tevrede wees met ’n vrou vir president nie.

 

Self het ek geen beswaar teen die gedagte dat ’n vrou my president kan wees nie. Daar is sulke wonderlike vroue in hierdie land. Daar is vroue wat ek kan bewonder.

 

Maar die saak is nie so eenvoudig nie.

 

Die feit van die saak is, daar is party vroue wat jou sal beledig as jy nie op hulle koppe sit en altyd in beheer is nie. Jy kry daai mense wat graag wil he jy moet hulle domineer. Jy moet hierdie ubermench wees. Jy moet ALLES doen. ALLES wees. Jy, as man, is die verteenwoordiger van God. Want nes YHWH is jy ook ’n man.

 

Ek was op ’n stadium in ’n selgroep waarvan die meeste lede vroue was, wat skynbaar hierdie dinge van ‘die man’ verwag het (Tot my spyt moet ek erken dat ek hoofsaaklik by hierdie selgroep aangesluit het omdat ek aan ’n spesifieke dame se wense gehoor wou gee – naamlik dat ek meer moet meng met mense). Maar laat ek net sê, mens moenie mense tipeer nie, maar dit is dikwels gemeenskappe wat die Bybel op ’n bepaalde manier lees wat van ’n man sal verwag om die ‘baas’ in die huis te wees.

 

Maar dan kry jy ook vroue wat in God glo en terselfdertyd glo dat vroue deel moet wees van die leierskap.

 

En so kry jy dan ook die manne. Die manne wat die vrou kan ‘vasvat’.

 

Wat moet jy doen as jy in so ’n verhouding vasgevang is? ’n Verhouding waar die vrou van jou verwag om te ‘heers’? Om die ‘sole provider’ te wees? Om hierdie ‘ubermench’ te wees?

 

Hoekom op aarde ek myself ooit in my lewe toegelaat het om in die verlede in sulke tipe verhoudinge te beland, sal die Here (YHWH?) dalk miskien weet.

 

Daarom moet ek miskien maar liefs nie ‘die manne’ kritiseer wat vir my vertel dat ’n vrou maar liewer haar plek moet ken nie. Dit is tog so maklik om te kritiseer.

 

Maar dan weer, dan bekommer dit my. Dit bekommer my as ek ‘manne’ hoor wat die veldtog van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders kritiseer. Nie oor dit of dat nie. Sommer net die beginsel. Omdat hulle voel dat vroue te veel ‘mag’ oor hulle kry.

 

Liewe aarde, ek verstaan die vroueliga het vir president Zuma herbenoem. Dit is so ironies. Daar word gekla, en gekla, en gekla in hierdie land. Maar die grootste vyand van die ‘feminis’, so wil ek soms glo, is nie mans nie, maar die skoner geslag self.

 

Net soos ons manne weet vroue ook maar dikwels nie presies wat dit is wat hulle wil he nie.

 

Ook maar net mens.

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>