Profile photo of Barend

by

Frustrasie met koerant

December 8, 2012 in Uncategorized

Ek wil vandag aansluit by ’n skynbare koor van kermgatte. Ek doen soveel moeite om ’n verantwoordelike burger van hierdie land te probeer wees. Om ingelig te probeer wees. Daarom is ek so ’n ywerige koerantleser. En daarom verwag ek die beste en net die heel beste van ons koerante. En oor die jare het die koerante al soveel wonderlike informasie aan my en baie ander mense verskaf, maar daar is dae wat ek wonder hoekom ek nie eerder die koerant neersit en eerder ook ’n hoop Hollywood DVD’s inwerk oor die naweek eerder as om my tyd te mors met die koerant nie. Want daar is dae wat dit vir my lyk hulle sit sommer net enige ding in die koerant, sommer net om die spasie vol te maak.

 

Kyk, ek is self ’n baie groot voorstander daarvan dat mense goed ingelig word oor die onregte van apartheid. Self het ek die grootste gedeelte van die apartheidsjare nie meegemaak nie. Maar ek is redelik seker dat mense in daai jare ook maar weekliks en daagliks so gekla het en gesê het die land is in sy peetjie, nes vandag ook maar.

 

Ek dink dis goed. Mense moet die geskiedenis bestudeer. Die erfenis is ons almal s’n om te geniet en in te deel. Die mooi sowel as die sleg. Dis almal s’n. Maar wragtie, ek sukkel om te verstaan wat presies het apartheid te doen met baie van die dinge wat vandag in onse mooie land verkeerd is.

 

As mens maar net ’n eenvoudige vergelyking maak van die werkloosheidsyfer in 1994, en jy vergelyk dit met die werkloosheidsyfer van vandag, dan ontstaan die vraag of baie van die beleide wat sedert 1994 geïmplementeer is nie eintlik slegter is vir die land as die beleid wat dit voorafgegaan het nie.

 

Maar wat ek sukkel om te verstaan is wat presies dit is wat hierdie man wil he dat mense moet doen? Moet hulle bly wees oor al die werkloosheid? Dit ontken dalk? Miskien wil hy he ek moet na alles om my kyk en se ja, dit is goed dat daar soveel ellende is. Dis eintlik jammer dat nie meer mense so sonder enige vooruitsigte rondsit nie.

 

En dan moet ons seker ook al die geweld afmaak as nie so erg nie. Die vroue wat verkrag word. Die mense wie se liggame vergruis word.

 

Agge nee man. Regtigwaar. Moet ons nou regtigwaar niks meer om ons raaksien nie en elke dag vroegoggend begin feesvier oor die feit dat daar diskriminerende praktyke was wat 25 jaar gelede al afgeskaf is?

 

’n Mens moet die verlede bestudeer, maar dit beteken nie jy moet in die verlede lewe nie man! Wat van die diskriminerende praktyke van vandag? In ’n ander, veel beter stuk uit dieselfde publikasie sien ons dat die Verenigde Nasies dalk nou die praktyk van regstellende aksie gaan ondersoek.

 

Wettige diskriminasie is natuurlik iets wat al baie lank in Suid-Afrika kom. Voor 1994 was daar ook dit. Maar toe was dit ‘apartheid’ genoem. Nou, na 1994, het dit net ’n ander naam. Dit is nou ‘regstellende aksie’. Dit is nou ‘reg’ waar dit eens ‘verkeerd’ was. En dit is natuurlik een van daardie beleide wat bydra tot die groeiende ongelykheid in Suid-Afrika. Dit is nie bloot ’n praktyk wat minderhede benadeel nie. Dit bedreig die voortbestaan van die Suid-Afrikaanse staat. Want dit veroorsaak dat goeie diens ingekort word. En wanneer goeie diens nie gelewer word nie dan benadeel dit al die mense van die land. Só rigied word wetlike diskriminasie in Suid-Afrika toegepas dat daar eerder verkies sal word om geen diens te lewer nie in plaas daarvan om nie die demografiese teikens te weerspiel nie, soos in die geval van die polisiekaptein wat nie aangestel word nie – ’n persoon wat nie ’n onderskeid sou tref tussen die velkleure van die mense wat sy met haar vaardighede sou gedien het nie.

 

Vir my is dit jammer dat, in ’n land met so baie stories, dat ek sulke snert moet lees. DIT kry ek vir die moeite wat ek doen om koerant te lees. Ek hoop dat as ek volgende keer weer probeer dat my koerantlees aksie meer suksesvol sal wees. Dat ek nie weer vertel word ek moet my bek hou en bly wees dis nie 1976, want as dit so aanhou moet ek miskien volgende keer eerder die People of Heat magazine probeer.

 

EK WEET TOG APARTHEID WAS VERKEERD, AS EK DIT WOU LEES DAN SOU EK ‘N GESKIEDENISBOEK KONSULTEER. EK LEES DIE KOERANT OM INGELIG TE WORD, NIE OM TE HOOR DAT DIE DINGE VAN VOOR ’94 SLEGTER TIPE SLEG WAS AS DIE SLEG VAN VANDAG NIE.

2 responses to Frustrasie met koerant

  1. Barend, my opinie is dat ons land besig is om onder te gaan as gevolg van ‘n spul liberale slapgatte soos daardie ou wat daardie stuk in “jong stemme” geskryf het. Hou maar net ‘n bietjie die mense in ons land dop: Iemand kan basies enige kak aanjaag, dan hou hulle die “ek-het-menseregte” deuntjie voor as verskoning. Verder het ‘n groot gros Suid-Afrikaners meer simpatie met misdadigers as met slagoffers – kyk maar na die Waterkloof-vier storie (hulle het omtrent daai rykgat seuntjies se gatte blink gelek), kyk ook maar na die Van Eck-moord (hoe mense Van Eck se ma veroordeel het omdat sy die moordenaar in die hof geklap het). Agter elke boom spring ‘n liberale doos met ‘n bloeiende hartjie uit en kerm oor hoeveel regte elkeen het, maar waag nou net om anders as die liberale fokops te dink, dan pleeg hulle blatante crimen injuria (ek verwys hier onder andere na ‘n geval op LitNet) en niemand besef die vernietigende impak van hulle optrede nie.

    Ek weier deesdae om die term “beskawing” te gebruik, want ek dink nie ons het al ooit ‘n “beskawing” in hierdie wêreld gehad nie. Geweld is vandag maar net so erg soos in die middeleeue, dit is in sekere opsigte net baie meer subtiel.

    Elk geval, ek hoop dit gaan nog goed met jou. Sal jou bietjie bel vir ‘n braai een of ander tyd.

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>