Profile photo of Barend

by

President José Mujica van Uruguay

December 7, 2012 in Uncategorized

Wanneer mense oor politieke leiers praat, spesifiek Suid-Afrikaanse leiers, dan is daar ’n ding wat ek al baie uiteenlopende mense hoor sê het. Joe Slovo. Die kommunis. Mense bewonder hom. Jy sal selfs stoere kapitaliste kry wat vir Joe bewonder. Want Joe was anders as die sogenaamde ‘kommuniste’ wat vandag deel uitmaak van die leierskorps. Die ding met Joe was, hy was soos die gesegde lui, hy was ’n man wat “practice what he preach”.

 

Die wêreld het nou al so uitgerafel, dat die kommuniste vet tjeks huistoe vat elke maand. Of was ‘hulle’ eintlik maar altyd so? So spandabelrig? So uitspattig? So vals?

 

Enter president José Mujica. Hulle noem hom ‘die armste president ter wereld’. Hy is die president van Uruguay.

 

Ek dink nie president Mujica is eens ’n kommunis nie. Hy is ’n kapitalis. En President Mujica herinner mens bietjie aan die politici van ouds in die sin dat hy is nie NET politikus nie. Hy boer ook met blomme. Toe hy in 2010 ingesweer is as president, het hy verkies om nie in die presidensiële paleis in die hoofstad te gaan bly nie, maar op sy vrou se plaas, waar hy gereeld self inspring om te help met die blommeboerdery.

 

Hy ry rond in ’n 1987 blou Volkswagen kewer. ’n ‘Volla’. Ek dink dit is op hierdie stadium net nodig om weer te herhaal wat ek nou gesê het, sodat dit goed insink.

 

President José Mujica van Uruguay (’n ateïs) ry ’n 1987 Volkswagen kewer.

 

En raai bietjie wat is sy salaris? Hy verdien R 135 000 per jaar.

 

Sê president Mujica, “Arm mense is dié wat net werk om ’n duur leefstyl te handhaaf. As jy nie baie besittings het nie, hoef jy nie jou lewe lank soos ’n slaaf te werk nie en het jy meer tyd vir jouself.”

 

Eintlik verdien hy R 112 500 per maand. Maar van hierdie bedrag hou hy slegs R 11 250.

 

Sê president Mujica oor sy salaris, “Ek vaar oukei met hierdie bedrag”… “Ek moet oukei wees, want daar is baie Uruguane wat van baie minder leef.”

 

Net so vir interessantheid. In Huisgenoot van 6 Desember 2012, waar ek al hierdie wonderlike inligting oor president José Mujica gekry het op bladsy 16 en 17, is daar ’n vergelyking tussen 6 presidente/premiers se salarisse. Dit lees as volg:

 

Premier Odinga van Kenia verdien R 3,5 miljoen per jaar.

 

President Obama van die VSA verdien R 3,3 miljoen per jaar.

 

President Zuma van Suid-Afrika verdien R 2,6 miljoen per jaar.

 

President Hollande van Frankryk en Premier Cameron van Brittanje verdien elk R 1, 8 miljoen per jaar.

 

En dan is daar natuurlik president Mujica van Uruguay. Hy kry ’n volle R 135 000 uit per jaar.

 

En, wanneer hy in 2014 volgens wet gaan uittree, kwalifiseer hy vir ’n staatspensioen. En hy het reeds aangekondig dat hy ’n deel van hierdie inkomste aan liefdadigheid gaan skenk.

 

Ek wil amper nou soos die man van ‘Ripleys believe it or not’ sê:

 

Unbelievable? Believe it!

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>