ma
December 5, 2012 in Uncategorized
jy
het kos
en jy het ’n bed
en jy het mense wat jou liefhet
(jirre, daar is dae wat ek weet dis meer as wat ék te sê het)
maar ek begin nou glo
(ongelukkig nie meer in een daarbo)
glo dat niks ooit genoeg sal wees
dat niks ooit die leegheid sal kan vul
wat in die wonde van jou siel skuil nie
ek weet nie meer presies tot wie ek bid nie
noem ek dit God?
die Here?
of JHWE?
maar vanaand
bid ek weer
vir krag
en vir die droom
om more weer
voluit lief te kan he

Recent Comments