.
December 5, 2012 in Uncategorized
as ek ’n sterker mens was
as ek gouer kon vergeet
as ek jou eers vandag kon leer ken
en net met jou kon gesels
vir die res van my dae op aarde
sonder om ooit van jou te droom
sonder om ooit aan jou te gevat het
dan was ek dalk jou vriend vandag
dan was my lewe ryker
dan sou ek iets kon kry
van als wat ek vir ewig verloor het

Recent Comments