Profile photo of Barend

by

Nog korsies

December 4, 2012 in Uncategorized

Wel, dit was die 1930’s. Dit was nie die tyd van vet mense nie. Dit was die tyd toe ma’s nog vir hulle kinders geleer het dat dit nie goeie maniere is om vir kos te vra nie. Ag nou ja, dit kan vandag nog miskien soos bedel voorkom. Maar ek meen dit was regtig ’n baie groot storie in daardie jare, want kos was regtig skaars.

 

Al hierdie grappies verskyn op bladsy 64 van Die Huisgenoot van 1 Julie 1932.

 

 

‘Ek wil ’n pond botter hê, asseblief.’

 

‘Die beste soort, mevrou?’

 

‘Was dit die beste soort wat ek verlede Maandag gekoop het?’

 

‘Ja, mevrou.’

 

‘Gee my dan maar ’n pond van die ander soort.’

 

********************

 

Dokter: ‘U was op die rand van die graf, en net u sterk gestel het u gered.’

 

Pasiënt: ‘Onthou dit asseblief, dokter, wanneer u u rekening stuur.’

 

********************

 

Moeder: ‘Dink jy nie ons moet die dokter laat kom nie? Jannie voel net baie sleg.’

 

Vader: ‘Ag, hy het al voorheen sleg gevoel en gou weer gesond geword.’

 

Moeder: ‘Ja, dit mag wees, maar nog nooit in die vakansie nie.’

 

********************

 

Jannie kuier by sy tante, en sit nou al ’n hele ruk en uitkyk deur die venster.

 

‘Hoekom is jy dan so stil Jannie’, vra sy tante.

 

‘Mammie het gesê ek moet onthou om nie eetgoed te vra nie, en ek probeer onthou’, antwoord Jannie.

 

********

 

En ter afsluiting is daar hierdie profetiese stukkie:

 

“‘Goeie regering betaal’, skryf ’n diepdenkende joernalis. ‘Die ander soort ook, maar nie vir dieselfde mense nie.’”

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>