Profile photo of Barend

by

Die waarheid gebid

December 3, 2012 in Uncategorized

Liewe aarde. Ek hou van Ghapi se verwerking van ‘dis nog net jy’. Dié verwerking bestaan al ’n tydjie, soos ek verstaan, maar so met Kerkorrel nou 10 jaar heen, is dit asof die verwerking vir my net meer en meer betekenis kry. Ek weet daar is mense wat nie juis ‘van Ghapi hou nie’. Dit is jammer. Self weet ek nie of ek of ek van hom hou of nie want ek ken hom nie. Hom nog nooit ontmoet nie. Maar wat ek wel weet is dat ek van sommige van die dinge wat hy doen hou. En een van daardie dinge is ‘dis nog net jy’. Maar sommige mense is mos asof ons nooit daai emosies ervaar wat daai kitaar maak as die distorsie oopgedraai is nie.

 

Sug. Die lewe is mooi en lelik. Vandaar die yin yang.

 

Maar Ghapi wat ‘dis nog net jy’ sing is so reg soos Kevin Leo wat ‘Voshaarnooi’ sing. Dit is net reg.

 

Maar so gepraat van musiek. Daar is mense wat nie lekker verstaan hoekom Bono so groot held is vir baie mense nie. Ag nou ja, oor Bono en U2 wil ek net een ding sê voor ek enigiets sê, en dit is dat daar groter ondersteunders van U2 as ekself is. Hoe sal ek nou sê … uh … ek hou van U2. Maar ek is nou nie presies die soort wat my glas sal lig as ‘I still haven’t found what I’m looking for’ begin speel nie.

 

Eintlik sal ek nooit enige glas lig nie. Ten minste nie vir ’n vreemdeling nie. Dalk nog vir ’n geliefde. Selfs vir ’n goeie kennis. Maar dis dit.

 

Ek is nie die soort mens wat op my grafsteen sal wil skryf ‘for those who loved me, I raise my glass, for those who didn’t, come kiss my …”. Want ek sou reken dat elke liewe mens wat die toestand van menswees tot die einde toe volhou sonder om self ’n einde aan als te probeer maak verdien eintlik dat daar ’n glas vir hom/haar gelig sal word (psigopate uitgesluit).

 

Dis nie my styl om my glas te lig nie. Veral nie vir ’n gebed nie. Ek weet net dat daar mense is wat wel sulke dinge doen.

 

“I still haven’t found what I’m looking for” is vir my die heel mooiste gebed wat daar ooit gebid was. Ek is jammer om dit nou te moet erken maar vir my is dit mooier as die Onse Vader. Ek weet mense wat die Bybel letterlik lees gaan sê ek beledig vir Jesus, maar dit is maar my mening dat “I still haven’t found what I’m looking for” eintlik die enigste modelgebed is wat ons het. En ek weet sommer dat die Jesus wat ek in my kop gevisualiseer het oor die jare beslis met my sal saamstem. Ek vermoed Jesus is nie (soos ons as kinders gepraat het) ’n “bad loser” nie en dat Hy beslis sal kan aanvaar dat Bono ’n beter gebed kon afsteek.

 

As ’n deel van ons kollektiewe erfenis, is hierdie ‘eenvoudige liriek’ wat, sover my kennis strek, maar hier iewers in die 1980’s geskryf is, niks minder nie as vergelykbaar met 1 Korintiërs 13.

 

Maar daar is baie mense wat nie weet dat “I still haven’t found what I’m looking for” eintlik ’n gebed is nie. En eintlik is dit heel verskoonbaar dat daar mense is wat die hele dop ding doen by die aanhoor van hierdie lied. Dis eintlik méér as verskoonbaar. Hoeveel mense op aarde voel tog nie dat hulle nogsteeds nie gevind het dit waarna hulle soek nie?

 

En vir mense wat nog steeds nie lekker wil glo dat “I still haven’t found what I’m looking for” ’n REGTE EGTE gebed is nie, lees maar gerus die hele ding deur. En lees veral die deel in rooi:

 

“I have climbed highest mountains
I have run through the fields
Only to be with you
Only to be with you
I have run
I have crawled
I have scaled these city walls
These city walls
Only to be with you

But I still haven’t found what I’m looking for
But I still haven’t found what I’m looking for

I have kissed honey lips
Felt the healing in her fingertips
Burning like a fire
This burning inside her

I have spoke with the tongue of angels
I have held the hand of a devil
It was warm in the night
I was cold as a stone

But I still haven’t found what I’m looking for
But I still haven’t found what I’m looking for

I believe in the Kingdom Come
Then all the colors will bleed into one
Bleed into one
But yes I’m still running

You broke the bonds
And you loosed the chains
Carried the cross
Of my shame
Oh my shame
You know I believe it

But I still haven’t found what I’m looking for”

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>