Second coming?
November 29, 2012 in Uncategorized
Toerrie Lord
by die sinode
terugsit met Sy voete in die lug
en die kerkbode
vir ’n slag lekker kon lees
was daar
in die briewekolom
’n klagte teen Hóm
en een teen die Gees
die minderheid
het later toegegee
en ge-bend
en uiteindelik ingestem
tot die amendement:
ons geloof in Sy ydele
het ons
dikwels gefaal
so nou’t Hy nie meer langer
na die hel neergedaal

Recent Comments