Avatar of Barend

by

Ek wil regtig graag glo

November 21, 2012 in Uncategorized

Party dae dan voel ek om presies net soos John Lennon te sing:

 

“I don’t believe in magic

I don’t believe in Bible

I don’t believe in tarot

I don’t believe in Hitler

I don’t believe in Jesus

I don’t believe in Kennedy

I don’t believe in Buddah

 

And so dear friends

You’ll just have to carry on

The dream is over”

 

Lag, lag, lag. As ek Lennon se liriek so lees, dan wonder ek soms, is daar dan mense wat ‘Buddah’ anders verstaan as wat ek hom verstaan? (dit is heel moontlik!) Hoe kan John Lennon sing “I don’t believe in Buddah”, as Boeddhiste, sover my kennis strek, ook nie juis ‘glo’ aan Boeddha soos wat ons as Christene ‘glo’ aan Jesus nie? Het John Lennon dalk dinge geweet wat ek nie weet nie?

 

Eintlik glo ek wel aan Jesus. Net nie elke oomblik van elke dag nie.

 

Maar ek het een baie groot probleem met John Lennon se liriek. En dit is daardie sin “the dream is over”. Mens kan nooit ophou droom nie. Drome is wat ons aan die gang hou. Met sy liriek het Lennon waarskynlik verwys na die “Beatles” as ’n tipe ‘droom’. En dit maak sin. Ek meen, ek wens meer Hollywood sterre wil so “uit die kas” klim soos wat Lennon gedoen het. Want met hierdie lied erken Lennon eintlik dat die Beatles dikwels ’n verwronge beeld van menswees aan die wêreld afgesmeer het. Dit het gebeur ten spyte van die talle wonderlike liedere wat hulle gekomponeer het.

 

Maar die wonder van die evangelie van Jesus is juis dat jy nie perfek hoef te wees nie. Dat Jesus juis die ‘stukkendes’ onder ons verteenwoordig. Daardie mense wat ‘foute’ maak. Die Jesus wat in die Bybel geskets word was so ’n mens. Of die ‘historiese’ Jesus nie so was nie, dit sal ek nie weet nie. Al wat ek weet is dat die Jesus van die Bybel was een wat stukkende mense liefgehad het. En dit is wat Hom so ’n besondere karakter maak, of Hy nou bloot ’n literêre karakter was, of ’n ware historiese figuur – ons kan almal leer by die Bybelse Jesus.

 

Ek word self soms beskuldig dat ek té pessimisties in die lewe is. Maar vandag wil ek vir John Lennon van dieselfde ding beskuldig.

 

Ja, mens kan glo aan ‘eendag’, soos wat die sangeres ‘Amanda Luyt’ sing. Ons MOET glo. Want wat het ons anders as ons geloof? Selfs al is dit valse hoop, dan maak dit ten minste die hede bietjie mooier. Ons moet glo dat die wêreld ‘beter’ sal word.

7 responses to Ek wil regtig graag glo

  1. Hy het die pyp net klaar gerook en van sy high afgekom!

  2. Nee, maar die magic is reg, Ek het ‘n hele ry feetjies …

  3. die hoop beskaam nie en sonder geloof kan jy nie droom nie, want om te droom is die geloof dat iets beter aan die ander kant is…the dream is never over!

  4. Vir my is dit nie nodig om te glo nie, totdat iets bewys is. Maar om te ophou met drome is ook om te ophou met die lewe.

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>