Avatar of Barend

by

Geweld in reklame

November 18, 2012 in Uncategorized

Daar is nou hierdie advertensie op die televisie. Dit is van die algemene handelaar GAME.

 

Dit is vir my ’n frustrasie dat ek blootgestel moet word aan die reklame so tussendeur die nuus. Mens kan seker afskakel vir daardie rukkie, of oorskakel, maar die probleem is dat hoe weet jy dan wanneer begin die nuus weer? Ek reken die beste wat jy kan doen is om vir daardie tydjie die klank af te skakel.

 

Ek vind immers in elk geval dat dit is asof die klank van die advertensies harder is as die program waarna jy kyk.

 

Dit en die feit dat daar geen Noot vir Noot is op Vrydae nie is vir my ’n baie groot frustrasie.

 

Ek het regtig ’n groot probleem met hierdie GAME advertensie waar ’n pa aangerand word omdat hy ’n ‘verkeerde’ persent aan sy bloedjie gegee het.

 

Daar gaan baie kinders hierdie Kersfees wees wat niks en veral nie liefde gaan kry nie. Die koerante berig juis dat die regering dit nou sterk oorweeg om welsynsorganisasies by te kom indien hulle die ‘verkeerde’ armes help.

 

Ek dink hierdie advertensie is onsensitief.

 

Hierdie materialistiese ingesteldheid hou ’n veel groter bedreiging vir ons as Christene in as die musiekoptredes van die popsensasie Lady Gaga. Maar ek glo nie ons gaan vir eerwaarde Kenneth in aksie sien oor hierdie saak nie. Ons sal hom eerder sien daar waar hy veg vir Christene se reg om hierdie fees, wat weinig met ons geloof te doen het, te vier.

 

Nou ja, vir my is die ander opsie seker maar om net radio te luister. Maar mens wil tog graag gesigte by die name sien.

 

Dit is waarlik ’n baie groot frustrasie.

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>