Avatar of Barend

by

.

November 18, 2012 in Uncategorized

Oei, Suid-Afrika darem. Dit is ’n uitdagende land om te verstaan. Ons lewer eerder geen diens nie as wat ons sal waag om nie ons EE teikens bereik nie. Ons ly eerder almal.

 

Die kultuur is nou al van so aard dat sommige posisies spesifiek gereserveer word. Weg is die gebruiklike ‘voorkeur sal gegee word aan benoemde groepe’, in is ‘slegs swartes’ of ‘slegs bruines’ of ‘slegs blankes’ of wat ook al.Vandaar die groot bohaai oor Woolworths en dies meer.

 

Ek sien hier op die een plek is daar tot ’n job gereserveer vir Engelssprekende kandidate. Maar jy MOET Engels by jou blyplek praat. Jy MOET ’n dus ’n moedertaal spreker van die Engelse taal wees. Ook hier, geen aanduiding dat daar bloot voorkeur aan Engelssprekende mense gegee sal word nie. Nee, dit word sommer reguit gestel mense wat nie Engels by die huis praat nie is nie welkom om aansoek te doen nie.

 

Ek wonder of as ek vandag oorslaan en oral net Engels praat, of ek dan oorweeg sal kan word. En hoe sal hulle weet? Hoe maak hulle die afleiding? Sal my van dalk teen my tel? Ek het al Engelse “van der Merwe’s” gesien. Miskien sal hulle jou moet afluister of iets.

 

’n Mens wonder wat sal gebeur as daar skielik poste geadverteer word uitsluitlik vir Afrikaans moedertaalsprekers. Dit sal waarskynlik opslae in die media maak, en daar sal politici wees wat nog ’n laaste bietjie bloed uit die klip sal probeer tap in aanloop tot Mangaung.

 

Ek wonder party dae hoekom is daar hierdie artikel 9 ding in die Grondwet. Seker maar net om die ou klein boekie se blaaitjies darem met iets vol te kon maak.

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>