Profile photo of Barend

by

.

November 17, 2012 in Uncategorized

Daar is baie mense wat gaan ly onder die regerende ANC se oproep tot sanksies op die Suid-Afrikaanse wynbedryf. In ’n land waar ongeveer 50% van mense tussen 20 en 30 werkloos is, gaan die oproep op boikotte net bydra tot die werkloosheid, armoede en swaarkry.

 

En hier is nog ’n interessante ding. Die onlangse sensus uitslae wys dat die gemiddelde Suid-Afrikaner hoe oud is? 25 jaar oud.

 

Ek dink die stakers in die Wes-Kaap het tog gronde om op te staan. Maar daar is geen gronde vir geweld nie, veral as daar enige moontlikheid was dat hierdie saak op ander maniere hanteer kon word. Mens kan nie help om die vraag te vra nie, wat was die stappe wat geneem was voordat daar op sabotasie en geweld besluit was? Het die arbeiders verteenwoordigers gekies en probeer om te onderhandel? Was daar bewusmaking rondom die griewe en frustrasies?

 

Maar die rol van die regerende party is baie verdag in hierdie saak. Om darem te gaan en boikotte te bepleit op jou eie land se mense – it defies any logic, om nou die rooitaal te gebruik.

 

Wat presies wil die ANC bereik? Wil die ANC die werkloosheid verder opstoot? Want dit is presies wat hier gaan gebeur. Om die waarheid te sê, ek vermoed die skade wat alreeds gedoen is, gaan moeilik omgekeer word.

 

Dit is hoekom ek voorspel dat die regerende party hulself met hierdie dinge in die voet geskiet het.

 

Daar is tog maniere en maniere om ’n ding te doen. Ons roem onsself mos so graag in hierdie land dat ons die mense is wat eerder praat as skiet. Maar laat ons nie langer hierdie vals beeld van onsself in die wêreld instuur nie.

 

En laat die geskiedenisboeke maar oordeel en die verhaal vertel van ’n regering wat gepleit het vir die ondergang van sy eie burgers.

 

Laat dit maar so wees.

 

En, so pas in, ’n dringende boodskap van die Barend van der Merwe blog aan die regerende party:

 

Dink tog bietjie aan daai gemiddelde ouderdom van die gemiddelde Suid-Afrikaner van die sensusstatistiek, en dink dan aan die werkloosheidsyfer onder daardie groep. Dink maar mooi aan dit alles voordat julle weer pleit vir boikotte op enige van julle eie land se produkte.

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>