Profile photo of Barend

by

.

November 15, 2012 in Uncategorized

Dr. L. Fourie het waarlik die woorde uit my mond gesteel met hierdie skrywe. Woorde wat die afgelope tyd pal in my gedagtes draai – die regerende party is besig om hulle eie land onregeerbaar te probeer maak. Dit is ’n ding wat absoluut mens se verstand te bowe gaan en jy sukkel om te verstaan hoekom ’n party wat die mag het so iets sal doen. Ek meen, dit IS so, die Wes-Kaap word wel deur die DA regeer. Maar uiteindelik regeer die ANC die Wes-Kaap. Want die Wes-Kaap is tog deel van Suid-Afrika. En die ANC regeer Suid-Afrika.

 

En wanneer jy een gemors het in een streek, dan spoel dit outomaties oor na die ander.

 

Die e-tol stelsel is ’n goeie voorbeeld. As die mense in Springbok dink die hele e-tol stelsel raak hulle weinig, dan verstaan hulle nie die basics van ekonomie nie (hierdie is NET ’n hipotetiese voorbeeld en is geensins bedoel as enige belediging aan die inwoners van Springbok nie).

 

Die anargie wat tans in die Wes-Kaap losgelaat is kan verrykende gevolge he vir die toekoms van die hele Suid-Afrika, en ook dus vir die ANC. Die oproep deur leiers van die regerende party vir ’n “Marikana in die landbou”, is niks minder nie as skokkend en onsensitief. Dit eggo die beeld van amptenare wat rondloop en lag oor die dood van mense wat eensame geliefdes nagelaat het, mense wie se skoene nou leegstaan in hierdie land, mense wat liefgehad het, mense wat waardevol was . . .

 

Dit is ongewoon dat regerende partye die opposisie se werk sommer self doen, maar daar het jy dit.

 

Ex Africa semper aliquid novi.

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>