Avatar of Barend

by

Zuma sonder tande

July 25, 2012 in Uncategorized

Hier by die Barend van der Merwe blog vier die nostalgie nou fees. Ek dink dit het alles begin so ’n tyd gelede toe ek een ongelooflike goeie stuk gelees het uit die pen van die baie bekende koerantman Tim du Plessis. Mnr. du Plessis is al gekritiseer hier in die verlede. Dit was daai tyd, hy het ’n program op TV aangebied. En ek was ’n slaafse volger van daardie program. Intussen het ek amper alle belangstelling in enige TV verloor. Maar daai tyd het ek nog graag ‘Wat’s die storie’ gekyk. Ek het dit gedoen want ek geniet aktualiteit. Ek hou van politieke gesprekke. En sad to say, maar mens sukkel om goeie politieke ontleding in Afrikaans te kry. En daar was dikwels goeie politieke ontleding op ‘Wat’s die storie’ maar toe raak ek omgekrap daai tyd want week na week, so het dit my begin voel, kom daar mense van die media wat maar net weer ’n opsomming gee van dit wat hulle in elk geval in die koerante geskryf het en wat jy klaar gehoor (of dan nou gelees) het.

 

Dit het daai tyd so ’n lekker alliterasie gehad, Tim sonder Tande. Baie beter as Zuma sonder tande.

 

Maar met sy onlangse stuk, ‘Anderkant die nagmerrie’, het Tim waarlik die spyker mooitjies op die kop gaan slaan. Ons sit hier nou met ’n Tim wat sy tande laat slyp het. Hy is nou soos ’n leeu in sy fleur wat die onkunde verskeur.

 

Ons heel heel grootste vyande in Suid-Afrika, is nie die ANC nie. Om die waarheid te sê, die ANC is geen vyand nie. Op sy dag was die ANC een van die beste dinge wat Suid-Afrika ooit gehad het. Toe sommige mense nog die potlood toets gedoen het, het hulle leiers, mense soos Nelson Mandela, Oliver Tambo, Walter Sisulu ens. die mites van apartheid weerlê. Maar die ANC is bloot ’n party. Dit is onderworpe aan menslike gebrekkigheid. En die mens is nou maar eenmaal so dat, hoe meer hy sy eie ondergang veroorsaak, hoe meer is hy geneig om die blaam op alles behalwe homself te plaas. Dit is wat alkoholiste doen. Maar dikwels is dit so dat daar wel iets soos halwe waarhede bestaan. ’n Halwe waarheid is ’n moeilike ding. Dit word dikwels misbruik om mense te mislei. Maar ’n halwe waarheid is nie ’n volle waarheid nie. Dit is dus ’n leuen. En leuens is dinge wat mense gebruik om andere mee te misbruik. En leuens floreer in Suid-Afrika doen dit nie? Suid-Afrika is nou maar ongelukkig so ’n land nie waar nie?

 

Ek is nie die heel grootste aanhanger van die musikant Koos Kombuis se werk nie, maar Koos het so ’n liedjie gehad, ‘ons en hulle’. Hierdie ding van ‘ons’ en ‘hulle’, dis ’n ding wat ons nie meer moet he nie. Dit is ’n leuen. Dit is niks anders nie.

 

Maar gee ons die mense rondom ons genoeg rede om te glo dat hierdie ding van ‘ons’ en ‘hulle’ ’n leuen is? Nee. Jy kan in Suid-Afrika genoeg bewyse kry as jy soek. Jy kan dit kry in elke rigting. Almal is skuldig. Niemand kan hulle hande waarlik in totale onskuld was nie.

 

Ek glo nie ons moet onsself té erg blameer nie. Hoeveel geslagte voor ons is geleer om te haat en te wantrou? En ons is maar net mens. Ons is swak. Maar ek dink waarlik ons moet begin en elke oggend opstaan en nadat ons ons stukkie uit die King James of die Qur’an of die wat ook al gelees het, dan moet ons vir onsself sê: vandag gaan ek alle mense respekteer en alle mense behandel asof hulle my gelykes is, ongeag wie hulle is, hoe hulle lyk of wat hulle vir ’n lewe doen.

 

As ons hierdie dinge doen gaan nie al ons probleme in Suid-Afrika opgelos word nie. Maar wat dit sal doen is dit sal uitsprake soos die onlangse uitspraak van president Zuma, naamlik dat die handboek krisis in skole uitsluitlik die skuld is van die eertydse eerste minister doktor Hendrik Verwoerd, dit sal maak dat sulke uitsprake al meer en meer erken word vir die belaglikheid wat dit is.

 

Verandering is in ons eie hande. Dit is nie ‘daar buite’ nie.

 

Wees jý die verandering wat jy graag wil sien op aarde – hierdie woorde, so het ek al gelees, word toegedig aan Ghandi. Dit is dus nie ’n nuwe gedagte nie, maar dit is ’n gedagte waaraan ons nogsteeds hopeloos te min aandag skenk.

5 responses to Zuma sonder tande

  1. Hoekom dissiplineer ons die ANC tot oorlewing. Laat hulle begaan sodat die volk hulle kan herken vir presies dit wat hulle is!!!!

  2. Ons maak dikwels die fout om die ANC tot oorlewing te dissiplineer. As ons hul oogluikend toegelaat het om meer te steel sou die kiesers hulle laaaankal herken het vir dit wat hulle werklik is.

    • Dankie vir jou kommentaar. Dink jy regtig so? Ek weet nie of ek saamstem nie. Maar dankie in elk geval.

  3. Hi daar Barend…ek loer gou hier by jou in…met die nuwe platvorm en ons nog op ou een is dit maar moeilik om te navigeer tussen die verskillende blogs.

    Verandering in ons leeftyd…net as ons Afrikaners kan saam staan…en ons gaan daai geleentheid kry.

Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>