BRAAIVLEIS,RUGBY,SONSKYN EN…

February 5, 2013 in SUPERRUGBY

 

 

 

 

 

Foto: Nuus 24

Dit is genadiglik weer rugbytyd en so het die “groot vier” reeds verlede naweek met opwarmingswedstryde afgeskop met suksesse vir die Bulls en Cheetahs teen onderskeidelik die Lions en Stormers.

Vandeesweek kry die Sharks ‘n kans teen die Luiperds terwyl die Bulls teen die Cheetahs in Polokwane (Pietersburg) uitdraf in hulle laaste opwarmingswedstryde.

Breiers is maar lugtig om ‘n mening oor hierdie tipe wedstryde uit te spreek en Frans Ludeke van die Bulls het dit na Saterdag se Orlando wedstryd soos volg opgesom; ” dit was ‘n goeie voorseisoense kleedsrepitisie en ek is tevrede dat hierdie jong groep begin implementeer wat ons inoefen. Dit gaan vir ons om die diepte van ons spelers te ontwikkel en met die rugbyjaar wat strek tot aan die einde van November, is dit absoluut noodsaaklik om te verseker dat ons die spelers reg bestuur. Ons het verlede jaar ‘n duur les met Morne (Steyn) geleer en ons kyk vanjaar na ‘n hele ander benadering van die “squad” sisteem.”

Ludeke sal tevrede wees met van sy opkomende talent en sy jong senter Jan Serfontein, vleuel Sampie Mastriet en Handre Pollard is voorbeelde hiervan.

Die jong span wat Saterdag teen die Lions uitgedraf het sal egter moet kyk na die uitvoering van hul aanvals- en verdedigings bewegings en balretensie.

Die Lions het weliswaar soos tiere aangeval en verdedig en die speltempo kort-kort gelig, maar ‘n Bulls span wie aan die deur klop om senior spelers te lig, sal moet leer dat die agterste driehoek van aanval en verdediging een van die mees belangrikste in ‘n span se arsenaal is. Vra maar die ouer spelers en afrigters se mening; drie-drie werk soos ‘n bom op aanval en verdediging.

Die Lions het SARU weereens ‘n nool gedruk deur te bewys dat hulle weglaat uit die Superreeks ‘n fatale fout vir SA Rugby is. Kevin de Klerk en Johan Ackermann se jong talent gaan in die Currybeker van 2013 al hul frustrasie en teleurstelling uitwoed, mark my words. Nog ‘n speler wie ‘n toffie anderkant die Jukskei rivier gegooi het vir sy voormalige span, was Lionel Cronje. Die man se spel was Saterdag feitlik foutloos en dis jammer dat hy nie ‘n toekoms by die Blou Bulle gehad het nie.

In die skrums het die Lions bewys dat JC van Rensburg een van die mees onderskatte stutte in plaaslike rugby is. Derick Minnie en Jaco Kriel was net so besig en Anthony Volmink en Andries Coetzee kan in enige Super span instap.

Saterdag sien ons waarskynlik die beginspan wat oor twee weke in alle erns teen die Stormers uitdraf. ‘n Mens kan net hoop dat die jonges wie tans hard in die ouer manne se nekke blaas, geleentheid gaan kry om te speel in die Blou trui. Frans Ludeke sal getoets word aan sy woord dat hy erken het dat 2012 ‘n gemors was met spelerskondisie, terwyl ander splinterboude gekry het.

Die Bulle kan nie weer bekostig dat die jong talent soos JC Stander onder die unie en die land se neuse weggeraap word deur sakke vol Euros nie.

Genadiglik is Saterdae van nou af weer braaivleis, rugby, sonskyn en…

 

 

 

 

 

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>