GROOT TREE OP LOFTUS

November 21, 2012 in SUPERRUGBY

 

 

 

 

 

 

 

 

“Dis die tipe besluite wat jy moet neem met jou afrigtingskorps as jy ‘n stappie voor die opposisie wil bly…as jy kompeterend wil bly…tydsberekening is belangrik en jy moet nie soos ons laasjaar gedoen het, die spelers oorspeel nie…”

So klink ‘n hoofafrigter van een van die mees suksevolste rugby franchises wat die rugbywereld nog gesien het. Eintlik beter gestel, so klink ‘n hoofafrigter vir wie Krismis vroeg gekom het in 2012.

Ek het Frans Ludeke deur die spektrum van emosies sien gaan in die 2012 Super rugbyreeks. Hoop, opgewondenheid, hoop, teleurstelling, en uiteindelik-hoop en toe aanvaarding-als in ‘n kwessie van ‘n paar maande in ‘n malkop rugbyjaar.

Uiteindelik het die Nieu Seelanders bewys dat, nie net hul nasionale span nie, maar dat hul streekspan, die Waikato Chiefs die heel beste rugby speel in die Suidelike halfrond.

Ludeke se staatmakers wat insluit Victor Matfield, Danie Rossouw, Fourie du Preez, Gurthro Steenkamp en Bakkies Botha was weg. Soos die seisoen aangestap het, het Ludeke al hoe meer begin rondskarrel. Dit sou ‘n jaar van anderste uiterstes wees in teenstelling met 2010 en die Bulls se geskiedkundige Orlando Super 14 wen.

Ek het vergeet hoeveel keer Ludeke en sy kaptein, Pierre Spies die woorde “we must keep the faith, we must believe” gebruik het te midde van ‘n byna desperate poging om jong en ou talent in die span te meng. Soos die Engelse taal dit uitdruk, “they were at pains” en op die ou einde was die Bulls se beste poging slegs ‘n vyfde plek op die punteleer werd. Ten spyte van die teleurstellende vertoning moet hy, Spies en Barend van Graan, Hoof Uitvoerende Beampte van die Blou Bulle Maatskappy ‘n klop op die skouer kry vir sportmansgees. Nooit het hulle iemand of iets anders blameer vir hul vertoning nie, behalwe hulleself. Dit is nog altyd ‘n kenmerk van die Bulls se mentaliteit.

Ek verskoon myself dus as ek te midde van die geskiedenis van hierdie trotse Suid Afrikaanse rugbyfranchise en hul sukkelvertoning in 2012, ‘n vars briesie bemerk het by Dinsdag se perskonferensie.

“Versigtig optimisties”, was nogal een kollega se opmerking oor die gees waarin die detail van die veranderings bespreek was.

Met Matfield, wie in ‘n onderhoud verwys het na ‘n aanhaling in sy boek dat hy droom daarvan om Springbokafrigter te word, Derick Hougaard wie soos ‘n stout skoolseun glimlag oor sy skopafrigterswerk met die juniors en Frans Ludeke wat jou herinner aan jou skool se hoofseun, is ek daar weg.

Op 22 Februarie 2013 skop die Suid Afrikaanse been van die kompetisie af met ‘n ontmoeting van die twee aartsvyande, die Bulls en Stormers op Loftus Versveld.

Op die veld sal van Suid Afrika se heel beste senior en junior spelers wees.

Op die pawiljoen, duisende fanatiese ondersteuners van beide spanne.

Tussen hulle, hierdie keer in “stepouts”, Victor Matfield en Loftus se eie Liefling- Derick Hougaard.

Dis groot tree wat deur die Blou Bulle Maatskappy gegee word met die verbreding van afrigtingsaanstellings, maar op Loftus Versveld moet jy groot tree kan gee…

 

* Van die belangrikste nuwe aanstellings is:

 

Victor Matfield                     Voorspeler en Aanvalsafrigter: Superrugby en Curriebeker

Pine  Pienaar                      Verdedigingsafrigter Superrugby en Curriebeker hoofafrigter

Xander J v Rensburg         Hoe Prestasiebestuurder

Nollis Marais                      Hoofafrigter: Vodacombeker, O/21 en Tuks Varsity Beker

Derick Hougaard                  Skop-en Vaardigheidsafrigter, Juniors

Andre Volsteed                    Hoof van Kondisionering

1 response to GROOT TREE OP LOFTUS

  1. Ja, ek weet jy dink ek het met die kop gemors…
    maar ek wil net hello kom se
    en jou kop is mos nog orraait?

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>