Net vir sommer DANKIE
January 7, 2013 in Uncategorized
Ek kan nie glo hoe vinnig hierdie Kerstyd verby gevlieg het nie !
Dit voel soos gister dat almal rond geskarrel het om betyds geskenke, te ete en te drinke aan te skaf vir al die gekuier van die familie en vriende.
Dit voel soos gister dat die verkeer eensklaps verminder het tot die minimum en so die tog werk toe en terug soveel lekkerder gemaak het.
Dit voel soos gister dat almal sms’e en eposse gestuur het om my goeie voorspoed toe te wens.
Dit voel soos gister…….
En ja wragtie. hier’s vandag.
Vandag se verkeer
vandag se anderse geskarrel vir skool benodigdhede.
vandag met sy bekommernis oor die toekoms
Vandag met sy gebede vir gesondheid en krag en genade en….liefde
Vandag met sy eie stryd om oorlewing, na die natuur en na die gees.
Vandag……..
Wel vandag wil ek om verskoning vra….
aan elkeen vir wie ek wetend of onwetend te na gekom het
elkeen wie ek seer gemaak het met my bullebak houding en grootbekkigheid aangevuur deur bachus,,,
elkeen wie ek op neer gesien het..
elkeen wie dink dat ek nie vir hom of haar omgee nie ….
elkeen wie vir my so oneindig baie beteken ….
en ek wil bid soos my koning as hy dankie se vir die kossies,
as hy een ogie oopmaak om tog net seker te maak dat hy die goeie Vader bedank vir elke tipe kossie in sy bord ….
as hy met soveel opregtheid en kinnerlike eerlikeheid na my kan loer en se…….. ek het Paadie verskriklik lief…..
en dis met daai opregte liefde wat ek vir almal wat weet en nie weet nie wil se – ek het julle oneindig baie lief…
dankie dat julle die wind onder my vlerke is al besef julle dit ne…
dankie vir elke sms, bbm, whats app, epos oproep en glimlag …….
dankie dankie dankie vir kinners, harte se punte, ja-ja susters en swaers, broers, vriende en vriendinne…
wat is ek sonner julle???????????????

mijeen said on February 2, 2013
Dis met liefde gedoen