Haai ou Girl, hoe gaan dit vanaand?
Ek jou een ding vertel, hier was dit een helse dag van baie reen, oorstromings , hael, donnerweer en helse koue.
Dit was regtig lanklaas so koud en nat en jy kan my glo as ek jou vertel hierdie 2 brakke het dit glad nie geniet nie. Gelukkig was Maggie bderhand met die pille en is hulle heel rustig. Nog reen word voorspelso ek maak my regvir ‘n lang nag van wakker bly en honde troos… moenie so vir my lag nie, doos.
Anyway ……
Ek’s nie vanaand lus vir uiteet nie, die prawns hou ons vir ‘n ander aand, ok met jou? En hou net bietjie in gedagte wat met my bank rekening gebeur het.
So ek het gedink ons eet by die huis, jy kan rustig voor die heater sit, nuwe bottel gas in gesit, ek sal die rooiwyn oopmaak en aan dra, kos maak en musiek verskaf. Jy sit en muf… weet nie of dit regtig die regte ding is om te se nie hahahaha.
Ek stel die volgende spyskaart voor, laat weet wat jy dink :-
Oond gebakte ertappels, en bietjie slaaierigheid plus ‘n moerse stuk steak wat Magda eendag hier gelos het. (Lyk bietjie suspect, want dit was gevries, ontvries, weer gevries en nou is dit ons ete) Dink jy dis gevaarlik of nie te gesond nie? Jy’s ‘n lekker een om te praat..
Hoe proe daai wyntjie vir jou, ok ne?
Wag ek na die kos kyk…. vertel my wat jy heeldag gedoen het. Klink maar boring, saam met die girls uitgehang. Wat was julle in die wolke? Nou waarvan? O net geniet , nee ok…
Is die musiek ok? Het nou die dag hierdie Anton Myburg CD gekoop en ons kon dit nog nie regtig luister nie… Like die woorde, en jy? Jy praat te veel, luister bietjie daar. Nice…
Ok, jammer om van jou kak te hoor, hierdie menu het so pas verander.. Wel hierdie stuk steak van Magda het my aangeval toe ek dit oopmaak… aag nonsins man, jy het dit nie gese nie, hierdie steak het nou net verander in skaap tjops… fokkit maar dit ruik sleg… laat ek eers bietjie wierook aansteek… blixem…..
Maar watse fotos praat jy van? O van die kansa relay.. kyk op my bleddie blog…!!!
Man relax, ek sal nie peper oorjou tjoppies gooi nie…. ja ja ja chrispy. ek weet!!!
Hoe lyk jou wyntjie? Nog ok?
Man ek like van hierdie song, hulle speel dit baie op RSG as ek in die oggende werk toe ry.
Ek gaan nie slaai slaai maak nie, net bietjie goed in die bord, ok? Wat? Nog Feta? Maar hou op om dit uit die bord te vreet, heks!!!
Hahaha kak man, vat nog ‘n sluk van die wyn, sal beter proe nou nou…
Wat, die musiek? Wag ek kry iets anders…… wat van hierdie een, spesiaal vir jou.. cause I love u so, Nou hoekom lag jy so vir my lees bril, koei, onthou net ek kan deesdae SIEN wat mense dink…
Lus vir ‘n dansie Mev? HEY MAN, VAT NOU WEER AAN DAAI FETA EN EK BREEK JOU KROM PINKIES…!!!!
Husse met lang ore, heeehaaa en die pennies op die spoor, het ek klein tyd verloor, kom girl, skud daai buskit, maar die rykdom in my hart, snoesig toegemaak… man ek like jou stukkend….
Het jy hierdie een gehoor al? spesiaal vir jou gekoop. Wel eintlik het Magda en Shaneen dit gekoop.. maar wag, sal dit later speel, geen snot en trane nou al nie..
Jy het my nou so afgesit van daai bleddie steak, selfs hierdie skaap tjops ruik nou suspect… tieaf..
Wat dink jy van hiertdie ou? Ek kan net nie sy gesig en sy stem by mekaar bring nie. Lyk of sy stem te oud is vir hom.. Ja man dis Albert de Wet.. Man jy was saam toe ek die CD gekoop het, onthou jy?
Hierdie 7de laan song like ek stukkend.
Jy ook? Het nogal so gedink. Nee , ons kan nou nou weer dans, laat ek eers hierdie SKAAP uit die tjops probeer toor. Fokkit ek haat hierdie reuk van skaap vleis.
Het jy vir Andre en Adele gekontak? Onthou dis hulle anniversary ook. Jy die kleintjie is bietjie nie lekker nie, blykbaar die tanne.. shame.
Hehehe ok, dit gaan nie meer lank wees nie, eet maar nog feta ok?
Ruaan is blykbaar in Brisbane of iewerts vir een of ander toekenning. Het jy daai fotos gekry wat hy gestuur het? Klein kak, lyk my hulle settle nou in hoor. Ja daai een met die kort haartjies, sy lag so lekker vir haar stuu\kkend soen.. Hulle is te pragtig. Wat? het jy nie die een gekry waar Milena so sing met haar nuwe mike nie? Snaaks, anyway kyk sommer hier op my foon… Hahaha te bleddie cute.
Wel sal maar moet wag en kyk of ek my geld by die bank terug kry. Dit was ons spaargeld onthou… ja ja ek weet jy het my gewaarsku maar sulke dinge gebeur in flieks en anner mense.. Sharap en kry wyn..
Ja sit maar ‘n CD in maar bly weg van die Briels, ek waarsku jou… lol
Dankie Jirre, ruik nie meer soos skaap nie, gril faktor nommer 9…… euw!!!
Anyway….
O hel!!! daar kak die eerste bottel…. hahaha nee man moenie stres nie, het baie hofpyn pille en het Jaco ook gewaarsku.. Ja hy’s bakgat. Like hom stukkend.
Wat dink jy van Mijeen se pemanente aanstelling – fokkit ek’s bly vir hulle. pies of maaind..(tik nou ook in Afrikaans)
Blykbaar as sy hierdie histerektomie kry gaan haar hoofpyne ook ophou… ja ja daai megrains na ‘n kuier… hahaha.
Ek’s trots op Pierre, hierdie ding dat hulle opgehou rook het, het hulle lewe baie verander hoor… ja. dis great, gym en oefen en alle dinge. Ja hy’t gese hy gaan eers vasbyt by die werk, dis great man.
O shit, wyn!!!
NEE NEE ONS PRAAT NIE VANAAND OOR DIE KLEIN KINNERS NIE.!! Anner aand..
Man ja, met die bure gaan dit heel bakgat, het jy Este se fotos op Facebook gesien, en hel Franka lyk soos ‘n nuwe mens. Ja Maartin het toe begin werk by Virgin Active. Klink my hy’s heel happy na al die stres. En hy’s gelukkig ‘n gym’érige ou.. Ja dis great nuus dat dat JP se vrou weer swangewr is. Oulike bure wat ons het – bakgat mense.
Nee moenie worry nie, het my foon op “silent”gesit – hierdie is ons aand… mwah oor ek lief is vir jou.
Ok is jy reg om te eet?
Ja dis beter. Ek skep solank op, gaan was jy hande en ek gooi sommer nog wyn in.
Laat weet hoe die kos geproe het hoor.
MY LIEFDE, MY LEWE, MY ALLES. Thanks vior die chat – dit was great. Kan dit gerus weer doen.. Luv u lots
Recent Comments