Profile photo of scilla

by

VRYHEID VAN SPRAAK

December 27, 2012 in Political Satire

Sunette Bridges voor Vryheidskommissie oor eerlike uitlatings wat sy gemaak het (Vryburger, Desember 27, 2012) Die uitlatings strook met dit wat 90% van ware Afrikaners elke dag se en dink en sal nie mense aanspoor om geweld (of Volksmoord) te pleeg nie. Julius Malema het hordes opgesweep met sy “Kill the farmer” liedjie en is eers na maande aangese om op te hou met die nonsens – die liedjie word in elk geval nog steeds gesing.

Die tydsverloop het sekelik aanleiding gegee tot die moord op vele blanke boere en hulle families.

Ja, ek voel ook dat ons geld eerder iets mooier as n gesiggie van n eertydse president wat deur andersdenkende mense aan bewind geplaas is, moet uitbeeld.

Ons regering propageer aan die een kant gelyke regte, deursigtigneid ens. en aan die ander kant keur hulle volksmoord, rassistiese indiensnemingswetgewing (BEE), eensydige naamveranderings, bykomende tolregulasies en belastings goed. Die feit dat die eerste “B” vir “Black” staan is nie n kwessie van miskien is dit rassisties nie, dit is blatant rassisties. Besighede word geforseer om aan die wetgewing te voldoen deur die puntestelsel wat aan die wetgewing gekoppel is. Indie dit nie voldoen nie word so n besigheid gepenaliseer – tot so n mate dat dit bankrotskap in die oe kan staar.

Hulle verblind die sinne van die buitewereld met mooipraatjies terwyl ons leiers hulle eie volksgenote beroof deur ongelooflike opulente leefstyle.

Wat het geword van vryheid van spraak – en Carina, van wanneer af kla mens jou eie volksgenote aan by n kommissie wat grootliks eensydige besluite neem.

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>