Profile photo of scilla

by

Z. se Broers “Score” blykbaar ook

December 3, 2012 in Political Satire

Zuma se boeties “score” ook op die “deal” Almal “Score” en dan word dit baie saggies (eufemisties) in die koerante gestel dat dit “ONETIES”  (ha-ha ) is om belastinggeld te “misbruik” . Dit is nie oneties nie man – dis fokk&& KRIMINEEL. Dis ook nie misbruik nie – dis steel – in my boek is dit steel as mens iets op n oneerlike wyse bekom.

Die enigste manier hoe ons die misdaad in hierdie land gaan baasraak is om die “MAFIA” wat in beheer is weg te bere. Hierdie ouens behoort almal aan die “Robbeneilandklub” of is met hulle geaffilieer. Hulle is daar afgesonder omdat hulle “Politieke” misdadigers is maar dit lyk my al die ouens het ook die “common” misdaadmetodiek daar aangeleer – “after all” n tronk bly n tronk en sover ek verstaan is dit DIE plek om al die slimmighede aan te leer wat nodig is om ander mense se eiendom in die hande te kry en daarna die gereg te ontduik.

Dit hang natuurlik af in watter sfeer jy uiteindelik beweeg. As jy na die tyd in n plakkershut opeindig sal jy seker maar n “petty criminal” bly, behalwe as een van die groter visse vir jou n “jobbie” aanbied om plase aan te val en boere uit te moor of kitsbanke op te blaas om n sekere politieke party se verkiesingsveldtog te finansier.

Die kitsbank-een is net n bietjie te stadig om van die hongerder ouens se behoeftes te bevredig. Hulle moet sulke happies van R 200 000 000.00 op n slag inkry – anders sterf hulle van die honger saam met hulle twintig-of- so anderhelftes.

Enigste probleem is dat mens nie sommer-net-so TWEEHONDERD miljoen bokke in die hande kry nie, daarvoor moet n mens die staatstesourie nader en hulle mooi vra om hier so kort aan die einde van jou termyn die ou geldjie af te staan om jou huisie in die bos bietjie op te knap. As jou boeties bakhand staan kan mens seker maar vir hulle ook n paar Randjies gee, weet nooit wanner mens hulle dalk mag nodig kry om jou uit te “bail” nie.

DAAR IS NET EEN PROBLEEM – IN HIERDIE LAND PRAAT ONS VAN DIE REGERING SE GELD – NIE WAAR NIE. DIE GELD BEHOORT AAN DIE BELASTINGBETALERS EN DIE REGERING IS TRUSTEES VAN HIERDIE GELD. HULLE IS VERONDERSTEL OM DIT OP N VERANTWOORDELIKE EN TOT VOORDEEL VAN DIE BEVOLKING TE SPANDEER – NIE OP HUISIES IN DIE BOS EN SO AAN NIE – DIT IS MISBRUIK (STEEL) (Vir die ouens  (you know who) wat nie so lekker verstaan nie – Trustee beteken vertroueling – iemand wat in n vertouensposisie aangestel word om namens andere op te tree.) Definitief beteken dit nie iemand wat in “charge”van ander se geld gesit word om dit as sy eie te beskou en gebruik nie.

1 response to Z. se Broers “Score” blykbaar ook

  1. Probleem met hierdie donners is, is dat hulle sonder gewete of morele gebore is.

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>