Avatar of scilla

by

TWEEDE MOORD EN VYFDE PLAASAANVAL IN FICKSBURG DISTRIK

November 26, 2012 in Political Satire

Tweede Moord en vyfde aanval in Ficksburg distrik.

Die laaste slagoffers Chris Preece en sy vrou het volgens die koerantverslag, verlief geraak op Suid Afrika (sekerlik sonder die moord en doodslag) en het n plaas gekoop om te ontwikkel tot n natuurreservaat.

Dit sou sekerlik werk geskep het vir die mense in die omliggende gebied en uiteindelik toeriste gelok het met die gepaardgaande voordele vir ons land.

Drie mans vergiftig Chris se honde, slaan hom met n panga dood, laat sy vrou vir dood agter en roof n beursie en selfoon.

Die Modus-Operandi is dieselfde as wat by meeste van die plaasaanvalle en moorde gebruik word (vir die laaste TWINTIG jaar) Met ander woorde, n beproefde resep wat al met Kenia se “BEVRYDING” gebruik was. Hulle het net nie selfone gehad nie.

Die skuld word op inwoners van Lesotho gepak. Hoe dit ookal sy – as dit mense van Lesotho was, het die grenspolisie nie hulle werk behoorlik gedoen nie – as dit “locals” was het die Polisie nie hulle werk gedoen nie. Onthou, dit is alreeds die vyfde voorval wat aangemeld is.

DIE BOODSKAP WAT ONS NOU DIE WERELD INSTUUR IS DAT ONS BELEGGERS IN HIERDIE LAND WREEDAARDIG VERMOOR .

DAT ONS NIE BY MAGTE IS OM ONS GRENSE TE BEWAAK NIE.

DAT ONS NIE BY MAGTE IS TE REAGEER OP VIER VORIGE AANVALLE EN N MOORD IN DIESELFDE GEBIED EN DIE BESKERMING OPSKERP NIE.

KORTLIKS GESTEL – “NOBODY CARES” – NET NOG N STATISTIEK – “ SO WHAT?”

More moet nog voornemende beleggers besluit waar hulle hulle kapitaal wil vestig. Nie hier nie, Botswana is die antwoord. Hulle het al die natuurskoon wat ons het (dalk nog meer). Hulle weermag en polisie doen hulle werk. As hulle moordenaars vastrek en hulle word skuldig bevind in n regsrelsel wat nog werk, gaan hulle galg toe. Die Regering doen nog hulle werk.

Mens lees ook nie dat hulle regeringshoof aan die einde van sy termyn R200 miljoen kry om sy huisie op te knap nie.
Hy het ook net een vrou om te onderhou.
Die staatsamptenary is nie almal multimiljoeners (gesteel) nie.

Die Blanke “Madams” en “Witbase” , (volgens die SAKP se Blade) wat nog n los geldjie het gaan dit elders bele.

Nog “JOBS” weg, nog meer mense wat n bestaan moet maak met niks (amper se ek F-all).
Nog meer mense wat moet steel en moor om kos vir hulle kinders op die tafel te sit.
Nog meer beleggers wat afgesit word.
Nog “JOBS” weg
Nog meer mense wat moet steel en moor………………………………………

Mnr. Zuma, Blade en “Tjommies”, as julle nie Afrikaans verstaan nie, laat weet my, ek sal hierdie vertaal.

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>