Wanneer is jy te oud om te kyk?

November 19, 2008 in Uncategorized

Daaivark het die volgende pragtige kommentaar gelewer op Original Cin se blog –

“My Oupa used to say the following: Op ‘n vrou is daar nooit
vetplek nie, net vatplek. Naughty old guy”

Dit laat my nou dink aan my man (Holland Verslag) se oupa. Hy was al diep in die broek, betekende dat sy kruisbande het al hoe korter geword en sy gulp al hoe langer. Het julle dit al agtergekom by ou mans? Ten spyte van die lang gulp het oupa nog ‘n oog vir ‘n mooi vrou gehad. Soos die spreekwoord lui, Oud, maar nog lank nie koud nie. In alle geval, om die spreekwoord nou te staaf die volgende verhaaltjie.

Oupa het so ‘n lekker stoel gehad waarop hy altyd gesit het en dit was nie sommer net enige stoel nie. Nee, hierdie stoel het hy met groot sorg vir homself geannekseer. As hy nou ‘n hondjie was het hy op hom gepiepie om hom te merk as syne!

Oupa het dan ook die gewoonte gehad dat sodra hulle kuiergaste kry, hy die stoel wat direk oorkant sy stoel staan, vir die vroulike gaste aanwys. Hy het dan lekker gaan wegsak in sy comfort zone en het dan kastig gemaak asof hy aan die slaap raak. Doodnormaal want dit verwag ‘n mens mos van ‘n ou man wat diep in die broek sit. Oupa het dan ook ewe gemaklik al hoe verder afgesak in die stoel en hy het dan met sy een oog so lekker skelmpies geloer om te kyk of hy nie dalk ‘n binneboud kan raaksien nie! Siestog, ek dink die geheue het mettertyd moes oorneem want die ou ogies het ook nie meer so goed gekyk nie!

Wanneer is jy te oud om te kyk?
Is jy ooit te oud om te kyk?
Die antwoord?

NOOIT!

7 responses to Wanneer is jy te oud om te kyk?

  1. He, he – kyk so ‘n ouman!

  2. LOL Your description is hysterical… naughty Popsicle :) Hi doll… sorry I’ve been tardy and ‘n slegte vriendin… my life keeps hitting the potholes in the road… but never mind, I pick myself up and dust myself off and sing a happy ol’ tune. LOL I’m in mad mode.. Luvya loads xxx and hugs and stuff to Cool & the gang.. ugh, I mean Piet LOL xxx

  3. SENSIBLE OLD GUY!

  4. Ja nee, nooit te oud, maar ook nooit te jonk. Wat antwoord jy jou seun wat vra:”hoekom sit daai tannie se tieties so hoog, mamma?”

  5. Hehehehe Mandolina, Jy moet maar se sy het ‘n facelift gehad! hehehehehe Baie liefde hoor!

  6. Diep in die broek sit; Poppie jy’t al weer my dag gemaak!!!

  7. Cute!

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>