View from the SidE’s challenge this week

January 28, 2012 in Uncategorized

View from the SidE’s challenge this week is

 

Synchronicity

 

This is what happend ……..according to Poke my Birthday


On the Way to my Birthday on 1.June.1956:

You were born on Friday on 1.June.1956 and you think this is your oldest day of your life history but you are sadly wrong. Let’s surprise you:

 

,Wednesday, (Your birthday -310 days):

On 27.July.1955, Wednesday, your father has produced the semen that will be half of you soon.

He produced 1000 sperms every second of his life and you will be lucky one out of 500 million sperm he sent on their way in the conceivement. You may find interesting to know that if he had drunk (or not drunk) coffee on this Wednesday morning, you might be born completely as someone else (for instance in the opposite sex) as caffeine changes the speed of male sperms.

11.August.1955, Thursday (Your birthday -295 days):

Today your mother had her last menstrual cycle and started building up the egg that will be the other half of you.

After today, she will not have this cycle again for a very long time (thanks to you!). She spent Thursday as moody, anxious, short-tempered and you should be glad, you were not around her that day!

26.August.1955, Friday (Your birthday -280 days):

Your mother’s egg is ready to build the other half of you and your father and your mother got together to make you.

But there is still no “you” around so don’t get excited much. It can take several hours for your father’s sperm to reach your mother’s egg and now it is just on its way out.

27.August.1955, Saturday (Your birthday -279 days):

Out of 500 million sperm on their way to your mother’s egg, the sperm which build you has won the race by coming first and the sperm and the egg have become one to make your very first cell. Do you see how lucky your half (the sperm) was by winning and coming up first among 500 million other rivals? Never tell you are not lucky anymore!

We can call Saturday, 27.August.1955 as your “first day alive” because this is when you are a living entity, an embryo, congratulations! Although you are just a 1 cell creature today your unique DNA is also formed so your future destiny like your sex, height, physical appearance, intelligence, characteristic and vulnerability to certain diseases is already determined.

10.September.1955, Saturday (Your birthday -265 days):

If your mother was an intelligent women, she would have suspected that she is pregnant at 10.September.1955, Saturday. She is not very sure yet but she is suspicious. We hope she was excited and joyful, not worried.

17.September.1955, Saturday (Your birthday -258 days):

Today your mother is telling your father about her pregnancy and he is celebrating to be a daddy!

Day 17.September.1955, Saturday is also important in that, your heart has pumped for the first time today. We don’t know if it is a coincidence that your father learned about you on the very day your heart first pumped!

2.December.1955, Friday (Your birthday -182 days):

Your parents could have lawfully got an abortion until 2.December.1955, Friday so this is also an important day of your life. Today they decided you should live!

We are glad they didn’t otherwise; we’d lose one site visitor in pokemybirthday.com.

1.June.1956, Friday(Your birthday):

You are born to a cruel world. Happy birthday little one! We hope you remember to enjoy your life which was a big journey from day minus 310 to today. 



Gegroet — nie uit Holland nie maar uit SA!

January 19, 2012 in Uncategorized

Hallo almal, jislaaik na ‘n tydperk van ‘n bleddie lang tyd het ek uiteindelik weer by Poppiekreer se blog uitgekom.

‘n Update aan hierdie kant….ons is terug in die land van son na ‘n afwesigheid van 13 jaar in Holland. Ek moet sê dit is tot dusver nog ongelooflik lekker om terug te wees. So lekker om in die oggende op te staan en nie met jasse, serpe en handskoene te sukkel nie. Maar ek moet byvoeg dat flippen hel, dis warm hier!!! Ek het die yskas al so gekyk maar is net te lank om in te pas!

Ons het ‘n fantastiese tyd in Holland gehad maar dit was weer tyd om aan te beweeg. Dit maak die lewe interessant. Is weer lus vir ‘n nuwe uitdaging en hierdie is weer totaal en al iets anders as wat ons nog gedoen het. Wel, ook nie eintlik nie want ons het soveel gaste in Holland gehad dat ons is goed voorberei op wat ons nou wil doen….

Mag 2012 ‘n skitterende jaar vir julle almal word.

‘n Vragie….

June 13, 2011 in Uncategorized

Sedert ons in Holland bly kon ons nie honde aanhou nie want beide van ons het gewerk en gevolglik was dit nie raadsaam om die arme diere die hele dag alleen in die huis te laat nie. Ek is nou een van daardie mense wat voel dat honde, wel enige dier, soos mense behandel moet word. In die tyd wat ons in Holland bly het ons ook baie geleer van hoe om jou dier regtig te versorg. Dit is ongelooflk om te sien hoeveel aandag en liefde die Hollanders hulle diere gee.

 

Die diere is ongelooflik goed gemanierd en jy kan enige plek loop en die honde wil mekaar nie verskeur as jy met hulle in die straat loop en daar kom ander honde van voor af aangeloop nie. Dit is ’n gestert-waaiery, ruik en dan stap hulle aan met amper ’n glimlag op hulle gesigte. Nou nie omdat hulle die ander hond se oe-ol so pas geruik het nie. Nee, hulle het iemand van hulle eie spesie ontmoet en gesels.

 

Nou met die wat ons terugkeer Suid-Afrika toe later hierdie jaar wil ons vreeslik graag weer honde aanskaf. In die hele tyd wat ons hier gebly het, het ek nooit verby ’n hond kon loop sonder om eers te ooooooeeeee en te aaaaaaaa en aan die hond te vat nie. Dit is nou maar so…… 

……EK IS ’n HONDE MENS!!

Nou my vraag, weet enige een van julle waar ’n mens ’n miniatuur dwerg steekhaar worshond (Miniature wire haired, wild boar kleur, dachshund) hondjies kan kry?  Ek weet dat Napier het steekhaar worsies maar ek sien sy blog nie meer nie. Ek hoor graag van julle.

 

Poppie is back…..

June 6, 2011 in Uncategorized

What have we been doing?

Cycled for a charity organization.

How far?

120km on Saturday and lived to tell the story!!!

View from the SidE’s weekend theme

April 2, 2011 in Uncategorized

View from the SidE’s weekend theme is COLOUR

 

I always found it impossible to imagine World War I and World War II in colour.

 

 

 

How can such dreadful events take place in the beautiful surroundings of colour?

 

 

 

View from the SidE’s weekende theme

February 19, 2011 in Uncategorized

This is the one where you nominate another blogger and give them a theme.

 

I was nominated by Kingfisher2 and the theme is

“Tulips and cheese”

 

 

 

View from the SidE’s weekend theme – Invention

February 11, 2011 in Uncategorized

 

 

 

 

 

 

View from the SidE’s weekend theme – Manners

February 4, 2011 in Uncategorized

My man se ouers het baie waarde geheg aan goeie maniere en so het dit ook gekom dat toe hy as 6 jarige uitgenooi was na ‘n partytjie, sy pa hom voor hom laat staan het en goed uitgelê van wat mag en wat mag nie. So het hy dan vir hom gesê, Pieter Frans, jy moet mooi asseblief en dankie sê hoor. Dan het Pietie sy koppie geskud en gesê, “Ja pappie”. So het dit aangegaan van “Ja pappie” en “Nee pappie”.


Toe sy pa gedink het hy het nou alles gedek en daar so ’n stilte is en hy nog dink wat het hy uitgelaat hak Pietie Frans af en sê,

 

“En pappie, ek mag ook nie eers sê k@k nie”!

Drome word waar

January 15, 2011 in Uncategorized

Mense, daar is ‘n ding soos toeval en weereens het Blogland bewys daar is wonderwerke wat nog kan gebeur.

Nou vra julle seker vir julleself wat gaan aan in my kop? Wel die storie het ‘n paar jaar gelede begin toe ek ‘n blog geplaas het oor my hartsbegeerte om  eendag ‘n ou VW Kombi te koop. Ek wil as ons terug is in Suid-Afrika, my familie en pelle op George lughawe gaan haal met my Kombi en in die Kombi sal daar ‘n groot piekniekmandjie staan vol allerhande lekkernye en ook so iets vir die keel.

Kerneelsie skryf toe hy sal uitkyk vir ‘n Kombi maar my nie eintlik ernstig opgeneem nie. Toe stuur hy eergister vir my ‘n boodskap en skry ek moet gaan kyk op ‘n website, my Kombi staan daar en is te koop. Ek is ook nie links nie en gaan kyk toe en sowaar, my droomkar staan daar in al haar glorie. Rooi onder, wit dak, 1976 VW Kombi, 2 Liter nogal!

Julle, maar ek begin sommer te bewe van pipperrellekoors en bel die nommer. Wat nou interessant is, toe ek bel se die ou omie hy is nou besig op die ander foon met ‘n Coenie. Toe het Kerneelsie hom ook gebel om te hoor van die Kombi! Nee se die omie, daar is iemand wat gaan kom kyk en hy het eerste opsie. Indien hy nie opdaag om 3 uur nie het ek eerste opsie.  Kwart oor 3 stuur Kerneelsie vir my ‘n boodskap wat skryf hy, hy het die omie gekontak en die ou het nie opgedaag nie. Die Kombi is myne sou ek belangstel!  Nou hoe gemaak?  Ek het iemand nodig om na die Kombi te gaan kyk maar wie ken ek in die omgewing van Somerset West. Hier kom Kerneelsie op sy wit perd aangejaag en se hy ken iemand daar en hulle is bereid om vanoggend 11 uur na die Kombi te gaan kyk en terugvoer te gee.

Julle, al wat ek voor my ogies sien is die rooi en wit Kombi! Vanoggend, 11 uur is Kerneelsie se vriende, Sarel en Anel toe in Somerset West by die omie en die man is so gaaf om sommer die kar vir ‘n ry te vat. Sarel is moer beindruk en se indien ek nie die Kombi wil he nie sal hy hom koop. Ek het nog nooit so vinnig geld oorgemaak in iemand anders se bankrekening nie!

 

So, die uiteinde van die saak is, Kerneelsie het onthou van my droomkar en ek het my droomkar gekry. Wat wonderlik was is dat ek het vanogend met die eerste keer in my lewe met Kerneelsie gepraat en dit het gevoel soos ‘n ou vriend. Het nie eers ge-”How-do-you-do” nie……sommer net begin klets waar ons laas op die blog opgehou het met klets.

Baie dankie Sarel en Anel vir julle moeite. Julle ken my nie eers nie en tog het julle die moeite gedoen. Ek skuld julle groot!

Baie dankie Kerneelsie, jy het my dag gemaak en ek kom haal jou op George. Bring net die strykplank saam wat ons sal gebruik vir ‘n branderplank wat bo op die dak vasgemaak word!

Lank lewe Kerneelsie……….lank lewe blogland……………lank lewe my ‘nuwe’ VW Kombi, 1976 2 liter!

Ps. Indaad, die Kombi het nog net een eienaar gehad! Ek is die tweede eienaar van haar.

29 jaar

December 20, 2010 in Uncategorized

Die storie gaan 29 jaar terug, om presies te wees, 18 Desember 1981. Dit is toe ek Mevrou Poppiekreer geword het. Ek was ’n soet ou meisietjie gewees en het net altyd gedroom van ….eendag. Die eendag waarvan hulle altyd in die romanse skryf en wat jy deesdae in films sien. Wel toe die eendag aanbreek en ons voor die kansel staan en ou Ds Botha vir ons in sy predikant stem sê, “ Ek verklaar julle nou Man en Vrou” het ek daar met ’n moerse groot glimlag op my gesig gestaan want ek het geweet, Vanaand is Eendag!

 

Dankie dat jy my, soos ek nou lyk, nog liefhet my Liefelooi.