2013/02/23 in Uncategorized
Altyd
Pablo Neruda
Op wat voor my gekom het
is ek nie jaloers nie.
Kom met ‘n man
op jou rug,
kom met ‘n honderd mans in jou hare,
kom met ‘n duisend mans tussen jou borste en voete,
kom soos ‘n rivier
vol drenkelinge
wat afvloei na die wilde see,
na die ewige branding, die tyd!
Bring hulle almal
na waar ek vir jou wag:
ons sal altyd alleen wees
ons sal altyd jy en ek wees
alleen op die aarde
om ons lewe te begin!
Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter
Siempre
Antes de mí
no tengo celos.
Ven con un hombre
a la espalda,
ven con cien hombres en tu cabellera,
ven con mil hombres entre tu pecho y tus pies,
ven como un río
lleno de ahogados
que encuentra el mar furioso,
la espuma eterna, el tiempo!
Tráelos todos
adonde yo te espero:
siempre estaremos solos,
siempre estaremos tú y yo
solos sobre la tierra,
para comenzar la vida!


Recent Comments