Pablo Neruda in Afrikaans
2013/02/09 in Uncategorized
POEMA 3
Ah vastedad de pinos, rumor de olas quebrándose,
lento juego de luces, campana solitaria,
crepúsculo cayendo en tus ojos, muñeca,
caracola terrestre, en ti la tierra canta!
Gedig 3
Pablo Neruda
Uitgestrekte denne, die geruis van brekende golwe,
stadige spel van lig, eensame klok
die skemer wat daal in jou oë, bokkie,
skulp van die aarde, in jou sing die aarde!
In jou sing die riviere en my siel in hulle vlug
soos jy dit wil hê en waarheen jy wil.
Merk vir my ‘n pad op jou voorkop van hoop
en ek sal in my yling my bondel pyle afskiet.
Rondom my sien ek jou middellyf van newels
en jou stilte bekruip my vertroebelde ure,
en jy is met jou arms van deursigtige klip
waar my soene geanker is en my klam begeerte nestel.
A, jou geheimsinnige stem wat die liefde kleur en laat klink
in die resonante en sterwende aand!
Dus in die diep ure oor die veld het ek gesien
hoe die koringare se klokke lui in die bek van die wind.
Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter


Recent Comments