Die kleur van ‘n glimlag
2013/02/08 in Uncategorized
Die verganklikheid van woorde
Phil kon nie besluit
of hy verlief moet raak,
op sy linguistiek-professor,
of op die heerlike insigte
wat sy hom bied nie.
Wanneer sy praat,
het hy die smaaklikste
dik suiwelroom gevisualiseer
wat inmekaar vou
uit ‘n lepel,
die koel reuk van belofte,
die kleur van ‘n glimlag.
Wanneer sy die verlede oopmaak,
die gordyne wegtrek,
lig laat stroom
oor die word druppel, verkleinvorm van drup,
en na analogie van ander woorde
druppeltjie geword het,
het hy families eerlike woorde voor hom gesien
wat almal deeglik hulle werk doen,
party wat oud word
en afsterf,
ander wat gebore word: Internet!
En hy was lief vir almal.
Uiteindelik gee Phil toe in:
hy raak hopeloos verlief
op sy linguistiek-professor,
maar hy het haar woorde innig liefgehad.


Recent Comments