The weight of words
2013/01/27 in Uncategorized
Wanneer woorde amptelik word
Tot ‘n sekere punt
was sy taal onsigbaar.
Toe begin die buitelyne
van woorde
vaagweg verskyn,
word al hoe duideliker
tot hulle solied en statig word.
In hierdie soliede toestand
kon sy woorde nie vloei nie;
hulle het rasering voortgekruie,
een na die ander,
Elkeen swaar gelaai met betekenis,
alles veilig weggepak
agter geslote deure.
Dit was ‘n eienaardige ervaring
om hierdie optog te sien verbygaan;
streng veiligheid om die motors,
amper onopmerklike beweging
agter getinte vensters,
klein stywe vlaggies
op spieëlblink dakke.
Daar staan hy.
Die kavalkade gaan verby.
Dit was betekenisloos.


Recent Comments