Tranströmer diep in Europa
2013/01/19 in Uncategorized
Uit: För levande och döda 1989 p. 342
Diep in Europa
Tomas Tranströmer
Ek is ‘n donker boot drywend tussen twee sluishekke
sluimer in ‘n hotelbed terwyl die stad rondom wakker word.
Die stil geruis en die grys lig stroom in
en lig my stadig tot die volgende vlak: oggend.
Afgeluisterde horison. Hulle wil niks sê nie, die dooies.
Hulle rook maar eet nie, hulle haal nie asem nie het nog hulle stemme.
Ek sal deur die strate haas soos een van hulle.
Die verswarte katedraal, swaar soos ‘n maan, veroorsaak eb en vloed.
Uit Sweeds vertaal deur De Waal Venter
Djupt i Europa
Jag mörka skrov flytande mellan två slussportar
vilar i sängen på hotellet medan staden omkring vaknar.



Recent Comments